Kookwater Pizzas, Kinder Joy, 2021 kon erger gewees het

Jy verdien die blaaskans. Of dit nou Hentiesbaai of Gansbaai of Tietiesbaai of STENDBAAI (by die werk) is, ontspan net en geniet dit. 2021 was erg, maar dit kon erger gewees het. Blouwillemaandag in Maandag se Burger vertel van Piet wat altyd gese het:’Dit kon erger gewees het’. Sy vriende besluit om hom te toets. Hulle vertel hom van Koos wat gisteraand vroeer van die myn af huis toe gekom het en sy vrou, Sarie saam met ‘n ander man betrap in die katel. Koos neem daar en dan sy geweer en skiet vir Sarie, die ander man en homself almal morsdood. Piet se reaksie: “Dit kon erger gewees het”. Sy vriende vra hoe dit moontlik erger kon wees. Piet: “As dit Woensdag gebeur het, was ek nou dood”. 2021 was erg, maar dit kon erger gewees het. As jy nog hierdie brief lees, is jy ‘n sprekende voorbeeld daarvan dat dit erger kon wees. … Lees gerus verderKookwater Pizzas, Kinder Joy, 2021 kon erger gewees het

Posted on

PIZZAS, KIRI Dip & Crunch en Vakansiebederfies

Almal gaan weer see toe. Dis net Hentiesbaai, Gansbaai, Bettiesbaai en Tietiesbaai. Ek is net op Stendbaai.. Moenie jouself jammer kry nie. Oom Kookwater gaan ook nerens heen nie. Die geheim is in die beplanning om jouself te bederf. Hierin is Kookwater meesters. Niemand gaan jou mos keer om elke aand te braai nie (by die see of by die huis). Die geheim is in die afwisseling – na 10 aande moet jy die Dokter inroep (nie vir die Gout nie) – Dr Oetker – vir die RISTORANTE PIZZAS. ‘n Verandering is so goed soos ‘n vakansie. ONS VERKOOP NOU PIZZAS TEEN 3 VIR R90. Dis mos nou vakansie. … Lees gerus verderPIZZAS, KIRI Dip & Crunch en Vakansiebederfies

Posted on