Ferrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Dit kon net sowel ‘n hoofstuk uit een van Dana Snyman se boeke wees wat ek gister aangehoor het in ‘n parkie in Wellington. ‘n Jong ma en haar dogtertjie nader my. Jammer om te pla, maar Uncle, se vir haar julle gaan die parkie mooi maak. Sy willie my glo nie. Ek se ons gaan so maak. Sy draai na die dogtertjie toe met ‘n positiewe bevestiging: DIS MOS KERSFEES. Ek het ‘n traan gepik en weggekyk. Doen iets in jou gemeenskap – mense het jou nodig. Wat van ‘n kersboom in julle parkie versier? Geskenkpakkies uitdeel vir die bejaardes? Bak ‘n koek vir die kinders in die buurt? Doen net iets. (Wat jy ook al doen, moet asseblief nie geld of kos gee vir die straatkinders in Wellington nie. Hulle het huise, hulle kan elke dag kos kry by hul skole of by die kerk, hulle is besig om kriminele te word, omdat ons hulle so leer). … Lees gerus verderFerrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Posted on

WEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Die Euromillions jackpot het verlede week op 2 biljoen rand gestaan. Ek het weer begin planne maak wat ek sou maak as ek die paar randjies wen. Ek het dadelik begin om lysies te maak van dinge wat my gelukkig sal maak – ook dinge wat ek sou koop as ek die lottotjie wen. Ek wil jou aanraai om ook so ‘n wenslysie te maak. Een van die goed op my lysie is dat Wellington se parkies geverf sal word en die oomblik toe ek dit neerskryf, besef ek toe dat – soos met baie ander dinge op my lysie – ek nie die Lotto daarvoor hoef te wen nie. Ek moet dit net doen. Noem dit mikpunte of doelwitte of wense, maar maak jou lysie van wat jy sal doen as jy onbeperkte geld het. Maak ‘n laaaaang lys en begin werk aan jou lys. Dis hoe ons vooruit kom in die lewe. Dis hoe die lewe begin sin maak en lekker raak. … Lees gerus verderWEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Posted on

vakansieplanne, Coco pops en Hollandse toeriste

Hello Almal
Ons gaan op verlof vanaf 16 Desember tot 7 Januarie. Ons vra advies en verwysings. Ons kyk na ‘n stil plekkie, nie te veel mense, verkieslik by die see. ‘n Tipe ‘all inclusive’ resort by die Weskus. Ons is bereid om tussen R80 000 en R120 000 te spandeer op verblyf en petrol om die jaar in vrede totsiens te se….. Weet julle dalk waar ons die geld vandaan gaan kry?😁
Lees gerus verdervakansieplanne, Coco pops en Hollandse toeriste

Posted on

Donker Dae en Koningsproteas

Skootrekenaars help nogal baie in hierdie donker dae met al die ‘Black Friday specials’ van Eskom. Batterykrag help ook om Kookwater se masjiene aan te hou. Ons laat ons nie onderkry deur nietighede soos beurtkrag nie. Dis so maklik om moedeloos te raak. Daar is vele redes om moed op te gee, maar daar is veel meer nog beter redes om positief te bly: … Lees gerus verderDonker Dae en Koningsproteas

Posted on

DIE OU VERJAAR – KOOKWATER HOU PARTYTJIE

Hoe oud is oud? Die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) het verklaar dat 65 jaar oud deesdae as jonk beskou word. Voorheen, gebaseer op die ‘Friendly Society Act” van 1875 in Brittanje, was oud gereken as 50 jaar oud. Die VN het 60 beskou as die grens na oud. Die WGO het egter nuwe navorsing gedoen oor die gemiddelde gesondheidskwaliteit en lewensverwagting en die mens se ouderdom as volg ingedeel: … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR – KOOKWATER HOU PARTYTJIE

Posted on

OORLEWING, GESONDHEID EN LEKKER GOED

Frank Buckles, ‘n korporaal van die Amerikaanse weermag en die laaste oorlewende veteraan van die Eerste Wereldoorlog het 110 jaar oud geword. Toe hulle hom vra wat die geheim van sy lang lewe is, het Buckles gese dat om HOOPVOL (positief) te wees, ‘n groot deel van die geheim is en natuurlik – “WHEN YOU START TO DIE…… DON’T”. Frank is ‘n voorbeeld vir vele. Moenie net gaan le nie, sit jou tee. Oorlewing kom nie van self nie. Hulle noem evolusie nie verniet “Survival of the fittest” nie. … Lees gerus verderOORLEWING, GESONDHEID EN LEKKER GOED

Posted on

Ferrero Rocher, PTSD en ‘Ek is lief vir jou’

Hoe kry mense dit reg om in moeilike tye vooruit te gaan? As jou besigheid in Vlak 4 inperking, met Fase 3 Beurtkrag in ‘n dubbele resessie, ten spyte van die onluste floreer, dan het jy dit. Jy weet hoe om te oorwin. Soos Blouwillemaandag in die Burger se: van die moeilikste dinge om te doen is om stof in jou teenstaander se oe te skop in ‘n swembad, maar Tatjana Schoenmaker het dit reggekry. … Lees gerus verderFerrero Rocher, PTSD en ‘Ek is lief vir jou’

Posted on

TAAI MUISE, Neute, kleurvolle tuine, groentetuine

Hoe kry mense dit reg om in moeilike tye vooruit te gaan? As jou besigheid in Vlak 4 inperking, met Fase 3 Beurtkrag in ‘n dubbele resessie, ten spyte van die onluste floreer, dan het jy dit. Jy weet hoe om te oorwin. Soos Blouwillemaandag in die Burger se: van die moeilikste dinge om te doen is om stof in jou teenstaander se oe te skop in ‘n swembad, maar Tatjana Schoenmaker het dit reggekry. … Lees gerus verderTAAI MUISE, Neute, kleurvolle tuine, groentetuine

Posted on