Kookwater nuwejaarsvoornemens vir ‘N LAAAANG LEWE

Moenie sommer roekelose besluite maak oor nuwejaarsvoornemens maak nie. Kyk eers na die feite:

Die uitvinder van die trapmeul (‘treadmill’) is oorlede in die ouderdom van 54.
Die uitvinder van Gimnastiek het 57 jaar gehaal.
‘n Wereld liggaamsboukampioen (bodybuilding) is op 41 jaar oorlede.
Die beste voetbalspeler van alle tye, Diego Maradona is op 60 jaar oorlede.
James Fuller Fix, die persoon wat Amerika se fiksheidsrevolusie begin het, deur die sport draf en hardloop gewild te maak, is in die ouderdom van 52 oorlede aan ‘n hartaanval terwyl hy gedraf het.

Dit klink nie goed nie. Daarinteen is daar die volgende feite:

Kolonel Sanders, die KFC uitvinder het 94 jaar oud geword.
Die sigaretmaker Charles Winston is op 102 jarige ouderdom oorlede.
Die uitvinder van opium is op 116 oorlede (IN ‘N AARDBEWING).
Die Hennessey Liquor uitvinder het 98 gehaal. … Lees gerus verderKookwater nuwejaarsvoornemens vir ‘N LAAAANG LEWE

Posted on

RAAD VIR HAAI AANVALLE – Sappies, Dip&Crunch en Beetslaai

Skakel lekker af. Vir die vakansiegangers by die see: RAAD VIR HAAI AANVALLE..
1. Moenie in die see swem nie. Meer as 99% van haai aanvalle kom voor in groot watermassas soos die oseaan.
2. Swem saam met vet mense. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan wegkom van die haai af is goed.
3. Moenie paniekerig raak nie. Bly kalm as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou kanon in. Dis nie nodig om die kinders op die strand bang te skree nie. … Lees gerus verderRAAD VIR HAAI AANVALLE – Sappies, Dip&Crunch en Beetslaai

Posted on