2022 gaan Kookwater wees – AS JY WIL

Is jy nie bang vir wat 2022 gaan bring nie?
DIT SAL BLOMME BRING.
Ja?, Hoekom?
OMDAT EK BLOMME GEPLANT HET.

2022 kan die jaar van groot dinge wees……….. AS jy dit so beplan. Dawie Theron het ons in die kerk weer herinner aan Chris Barnard se woorde in Blindemol: DAAR IS SOVEEL OM OOR BLY TE WEES, MAAR SO MIN BLYDSKAP. Klim uit daardie negatiewe houding van jou uit en vergeet van voornemens. Doen iets aan dit wat verkeerd is. 2022 is die jaar van die oorpak. As jy sien iets is verkeerd, doen iets daaraan. In Wellington het verskeie buurtwagte ontstaan in die laaste paar maande. Dis mense wat nie aanvaar dat skollies en skelms die botoon voer in hulle buurte nie. Hulle offer hul tyd op en patrolleer hulle buurte. Hulle maak beslis ‘n verskil. … Lees gerus verder2022 gaan Kookwater wees – AS JY WIL

Posted on