CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys? UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50. Hierdie is baie gewild. Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew. As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie. Gaan groot.
Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers: … Lees gerus verderCAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Lees gerus verderVLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Yoghurt, Gouda en Kaassmeer

Die onvermydelike het toe gebeur en ons het besluit om dit nie onder die mat in te vee nie, maar om u daarvan te vertel. Ons is die 4e winkel in die Wellington area (wat ons van weet) wat ‘n werker het wat positief getoets het vir Covid19. Ons ‘handyman’ by Daai Kookwater Winkel in Newton is positief getoets vir Covid19. Ten spyte van alle moontlike voorsorg, het die virus ons omseil. Die werker en sy vrou (met geen simptome) het albei volgens die Paarl hospitaal nie genoeg simptome gehad om getoets te word nie. … Lees gerus verderYoghurt, Gouda en Kaassmeer

Posted on