Bederf die OU en oorleef die koue

Die brand in Somerset Wes was erg en verdien al ons empatie. RSG se nuusberigte Maandagoggend tot 11 uur het heeltyd gese die brand was 95% geblus. Dit terwyl ek in kniediep water ry na dit emmers water gereen het. Elke nuusberig wou ek inbel en se maak dit net 195% – Vlamme brand nie onder water nie. Sjoe dis lekker om weer winter te he. Sop en brood voor die kaggel (Kookwater het 50gr pakkies sop vir R3.50). Sopnat hout is ook nie ‘n probleem met ons kurkdroe BEGINSELS teen R13.50 nie.(firestarters). KOFFIE EN BESKUIT (3 pakke vir R45) help ook vir die koue. Starbucks, Jacobs, Cafe a la Carte – ons het hulle almal teen belaglike lae pryse. Spesiaal vir die koue het ons ook Skotse Brosbrood (Chocolate and Pecan Shortbread) teen 3 groot pakke vir R45. … Lees gerus verderBederf die OU en oorleef die koue

Posted on

Ons leef holderstebolder, want die kis wag op die solder….

Al ooit van ‘n oorwurm gehoor? Toemaar moenie bekommerd wees nie, die oom se gesondheid is reg (dis darem nie ‘n kopwurm nie). ‘n Oorwurm is daai deuntjie wat jy net nie uit jou kop kan kry nie. Een van Lucas Maree se liedjies het die refrein: “Ons leef holderstebolder, want die kis wag op die solder”. Daai refrein draai al die afgelope 2 dae in my kop rond. Effens sinies. Is dit regtig ons grootste motivering in die lewe – om nog ‘n klompie dinge te doen voor die eindfluitjie blaas? – voor die kluite op die kis klap? Nee wat, die ou glo aan positiewe dinge. Soos nuwe winkels. … Lees gerus verderOns leef holderstebolder, want die kis wag op die solder….

Posted on

Nog ‘n week van feesvieringe

Jy het nie altyd beheer oor wat met jou gebeur nie, maar jy het ‘n keuse oor wat jy daaraan gaan doen. Die ekonomie is vol uitdagings en GELEENTHEDE. My oupa het altyd gese: ” As ander mense koejawels uittrek, is dit tyd om koejawels te plant – die tekort is op pad” Ekonome se ook: ” As almal begin praat oor hoe ‘n goeie idee aandele of Bitcoin of die huismark is, is dit tyd op dit te los”. Kyk bietjie verder as jou onmiddelike situasie. Beplan vooruit en doen iets. Almal vertel ons hoe sleg dit gaan met besighede en dat daar besighede is wat ondergaan. Kookwater glo in wat ons doen. Ons sal voortgaan met ons planne: … Lees gerus verderNog ‘n week van feesvieringe

Posted on