Erfenisdagdinge

Ons moet leer uit die verlede en beplan vir die toekoms – ons kinders se erfenis. Die Dinosourusse het byvoorbeeld nie sjokolade ge-eet nie en kyk waar is hulle nou. (Ons Lindt sjokolades is nog steeds R19.50) By Kookwater Biltong en Kaas en Daai Kookwater Winkel het ons heerlike erfenisdinge reg vir jou – ons begin sommer al Maandag en is spesiaal op Dinsdag (Erfenisdag) oop van 8 tot 5. Hier is ons erfenisdagwenke: … Lees gerus verderErfenisdagdinge

Lindt Sjokolades en visse in die see

Ek hoor die naweek hierdie 2 skerp waarhede (wyshede) by my studentekinders;
Daar is baie visse in die see, maar weet jy….daar is ook ‘n klomp GEMORS
Vir die wiskundiges: My Girlfriend is like the square root of -100….A solid 10, but also imaginary.

Die Bokke se verrassing was seer aangenaam. Ek sien nou sommer weer uit na die wereldbeker en natuurlik Saterdag se wedstryd. Ons het lekker goedjies vir die wedstryd se kaasbord: … Lees gerus verderLindt Sjokolades en visse in die see

Kookwater gaan groot op TV

Ek sukkel om daai trotse glimlag van my bakkies af te kry. Dis vandat ek verlede week daai advertensie van Kookwater Biltong en Kaas op die TV gesien het. Ja nee boeta, jy weet jy speel saam met die groot kinders as jou winkeltjie op TV begin adverteer. Miskien moet ek verduidelik… ‘n Nuwe TV reeks is verlede jaar by my skool – Hugenote HoĆ«rskool op Wellington geskiet: Alles Malan. Doen jouself ‘n guns en kyk hoe ‘n netjiese PUIK skool lyk. Ek loop oor van trots, maar ek dwaal bietjie van die punt af. Die advertensie… In verlede week se episode het hulle ‘n toneel op die pawiljoen geskiet en daar verskyn Kookwater Biltong en Kaas se Advertensiebord toe sowaar op TV. Hoe’s daai?
Ons het hierdie week ‘n paar heerlike nuwe produkte en soos altyd is die pryse uitsondelik laag. Ek moet se ek verstaan nie hoe ons dit regkry om elke liewe week nuwe produkte te kry, maar sowaar – kyk bietjie hier: … Lees gerus verderKookwater gaan groot op TV

Posted on