Die Positiewe Kookwater R5 koeldrankwinkel

2 LITER KOELDRANK VIR R5. Kan jy nog onthou wanneer laas jy 2 liter koeldrank vir R5 gekoop het? Ek dink dit was toe ek omtrent so ‘n meter korter was. Die goeie ou dae… Die pessimiste ruik dadelik lont. Daar moet iets fout wees. Stuur asseblief ‘n foto. Wat is die vervaldatum? Kom ek stel jou gerus. Dis heerlike koeldrank. Dit is nie Coke nie. Dit is nie ‘n ‘brandname’ nie. Dis ook nie sommer ‘n hierjy Jannie-verjaar-rooikoeldrank nie. Tans het ons Coco-Pine, suikervrye Passion Fruit en vele ander geure. Ons kry later ook Litchi in. Die manne wat vir Mooi Wellington daagliks die toegangsroetes na Wellington rommelvry hou, kry elke oggend elkeen ‘n 2 liter koeldrank – ‘n koue as dit warm is en ‘n warm koeldrank as dit bietjie mistig en koel buite is. So hier is die plan van aksie: Kom koop een van elke soort en toets dit. Kom dan more terug met ‘n sleepwa. Koop ‘n groot voorraad vir jou tuiningenieur en jou kinders en jouself. Dit gaan ‘n lang warm somer wees.
Van koeldrank alleen sal jy nie kan leef nie. So ons het ander lekker verrassings ook: … Lees gerus verderDie Positiewe Kookwater R5 koeldrankwinkel

Posted on