Swartbessies en winterprojekte

MY BEKER LOOP OOR van blydskap oor ons reen.  My 3 reenwater tenke en my swembad loop ook oor.    Ek het gister ‘n klomp hoendermis(pellets) op die gras langs Daai Kookwater Winkel in Newton gegooi.  Nou gaan ons grassny. 

Man as alles so mooi skoon gereen is,  het ek mos sommer weer lus om nuwe dinge aan te pak. Die tuin moet aandag kry,  Daar is projekte in die huis wat ook staan en wag, Die lysie is lank.  ‘n Mens sou dink dat mense hierdie tyd van die jaar rustig raak en net voor die kaggel sit, maar Hein van Solo Framing in Paarl vertel my dis hulle besigste tyd van die jaar. Mense is nou binnenshuis en laat dinge mooi maak in die huis.

Die beste projek wat jy kan aanpak is om in hierdie koue ‘n REUSE pot sop te maak en dit uit te deel. Vra jou huishulp om dit uit te deel aan die ou mense in haar buurt.  Smeer sommer ‘n paar brode ook. Brei ‘n mooi kombers vir iemand of help met Ma’s vir Wellington se sweetpakprojek vir kinders wat koud kry.  Komaan DOEN iets.  Ons weet mos almal dis in elk geval lekkerder om te gee as om te ontvang.  By Daai Kookwater Winkel in Newton trek ons elke week ‘n R200 geskenkbewys vir ‘n Sassa begunstigde.  Met Allpay deel ons ook Muffins, Scones en tee gratis uit.  Vertel vir alle Sassa begunstigdes wat jy ken.  Ons wil graag help en ons wil jou denke stimuleer om ook iets te doen.

Kom ons help bietjie met jou potensiele projekte:

  • Lipton Ystee R24 vir 6 blikkies vir die kinders se kosblikke.  Ons eerste projek is om die kinders te motiveer vir die eksamen.
  • 200ml Sappies R18 vir 6.  4 heerlike geure: Very Cherry, Stone Fruit, Apple & Blackcurrant en Mediteranean.  Hierdie is net in wit boksies, maar dis die inhoud wat tel.  Laai die kosblikke en lig die gemoed van die eksamenskrywers.
  • Projek 2: Swartbessies – R45 per kg (gevries) of R12.50 per vars bakkie. Dis die gesondheidsprojek.  As dit dan moet kan jy mos ‘n lekker koek of iets bak met die bessies ook. Die enigste beperking is jou idees.
  • Projek 3: Pragtige Wasbakke en Urinale vanaf R180 by Daai Kookwater Winkel in Newton.  Help jou huishulp met hul badkamer – jy sal verbaas wees hoeveel mense in Wellington nog buite toilette het !  Miskien moet jy jou eie badkamer ook oordoen. Kom maak ‘n draai en maak ‘n paar planne.
  • Lessenaars – L-vormig en ander soorte – vanaf R300 by Daai Kookwater winkel.  Olieverwarmers vir R120 !  Kan jy dit glo.  Ook by DKWinkel
  • Projek 4:  Maak ‘n reuse pot sop of gee kospakkies weg. ‘n Pakkie Chicken Chunks kos nou net R7.90 of R75 vir 10 pakkies.  ‘n Blikkie Heinz sop (Sampioenroomsop en Groentesop) kos net R5.50.  Bederf iemand – of jouself.

Onthou altyd dat swaarkry nie ‘n probleem is nie – SOLANK JOU PLANNE NET NIE OPRAAK NIE.

Mag die Here jou vandag so seen dat jy heeldag jou koffie uit die piering uit drink (want jou beker loop oor).

Sterkte met al die planne en geniet die reen.

Sopnatgroete

Volplannefrans