Maak jou Drome jou Bang? ‘Sportscap’ water, ontbytpappe

Posted on

As jou drome jou nie bang maak nie, is hulle nie groot genoeg nie.

Het jy nog drome of is dit net vir jong mense wat nie weet van beter nie?  Ek het nog baie drome, planne en ‘n oorvol ‘bucketlist’ – dis daai lysie van goed wat jy nog wil doen voor jy die emmer skop.  As jy moed opgegee het op jou drome en die lewe jou hard en moedeloos geslaan het, begin weer met ‘n lysie. Sit eers net iets maklik op die lys, soos: doen iets goed vir iemand naby aan jou.  Bak ‘n heerlike brood vir jou tuiningenieur of huishulp.  Doen dit, en tik dit af op jou lysie.  Baie geluk, jy kan mikpunte (drome) bereik.  Raak meer waaghalsig en brei jou lysie uit: Plant iets kleurvol in jou tuin of plant 6 koolkoppe in jou groentetuin of bederf iemand wat dit nodig het met ‘n protea of 6. (moenie jouself uitsluit nie).  As jy meer as 2 suksesvol afgetik het, kan jy maar begin met ‘n langer lysie.  Baie geluk, jy kan nou iets beteken vir jou gemeenskap, jouself en die mense rondom jou.

Vir die week se lekker produkte moet jy op die pryslys kyk.  Man, daar is baie.  Ek is net bang dat jy die volgende gaan miskyk tussen al die ander:

  • 350ml water – sportscap – R2.50 en 750ml water – sportscap R3.50.  As jy iemand ken wat reel aan ‘n snoepie, sportdag, markdag ens, – vertel hulle van hierdie amper 200% winsgrens. Die produkte verkoop vir R10 en is baie gewild.
  • Waterblommetjies R49.50 per kg. Beslis buite seisoen, maar pragtige binne seisoen kwaliteit en uiters lae prys.
  • Ontbytpappe: Nutristart (6 soorte), Future Life, Pronutro, Maltabella, Rainbow Hoops, Weetbix – met Bran en met Pronutro. Ons het 10 soorte ontbytpap en soos gewoonlik kry jy nerens ons pryse nie.  
  • Proteas – Susara en Carnival – R7 per steel.
  • Dry Lemon, Ginder Ale en Tonic Water – R3.50 per liter
  • Ryskoekies R7.50 vir 125gr (R21.99 elders)
  • Heerlike Avo’s R20 vir 4

Terwyl jy jou lysie kafdraf, doen dit met ‘n glimlag – DIE LEWE IS KORT – SMILE TERWYL JY NOG TANNE HET.

Vergeet van jou pasop vir die hond bordjie en sit iets oorspronklik op die hek:

‘No trespassing,  We are tired of hiding the bodies’      of

Prayer is the best way to meet the Lord, Trespassing is faster. Dit laat my dink aan die minister in Botswana wat ‘n paar jaar gelede sy veldwagters gemotiveer het teen die stropers.  Sy woorde:  “It is up to the Lord to judge the poachers.  It is up to us to make the appointment”

As jy nou nog nie ‘n glimlag op jou bakkie het nie, kom ons probeer nog hierdie laaste twee om jou in ‘n beter bui te kry:  Skinny people are easier to kidnap, eat cake.  Ek wil nou nie grootpraat nie, maar ek het my 4 weke dieet in 2 dae, 4 uur en 25 minute kafgedraf.

Mag jou week vol glimlagte en lekker planne wees.

Glimlaggende groete

Frans – die man met die plan