SOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Posted on

Die ouens wat weet se ons gaan heerlik reen kry.  Die Rossouws is reg daarvoor.  Ons het gister lekplekke reggemaak, geseel waar geseel moet word en toegestop waar toegestop moet word.  Ek kan nie wag om te sien of dit weer gaan lek nie.  
Mammie gaan ‘n GROOT pot sop maak.  Perfek vir die stormweer.  Kookwater het natuurlik heerlike sopbene ingekry teen slegs R10 per kg.  Koop ‘n klomp – gee dit weg saam met die idee van ‘n lekker pot sop.  Die beste plan is egter om ‘n ekstra pot sop te kook en dit weg te gee vir iemand wat vanaand gaan koud kry.
Ek is taamlik opgewonde oor die lekker nuwe produkte wat ons nou in die winkel het.

  • RHODES SAP teen R9.90 per liter. Cranberry, Appel, Lemoen en Rooi Druiwe.  Stook daai kieme met al die gesonde vitamienes
  • KOFFIEKAPSULES – 10 L’OR  kapsules vir R25 en die grootste verrassing die week is STARBUCKS KAPSULES – 10 vir R35.
  • ONS 2 BLIKKE VIR R10 VERRASSING (2 x 410gr):  Fruit Cocktail, Halwe Appelkose en Pomelo segmente.  Kies enige 2 vir R10.
  • Steri Stumpies  R7.50 vir 350ml botteltjie
  • Groot verskeidenheid neute
  • Bloubessies R15 per bakkie – varses
  • Waterblommetjies R35 vir 500gr

Vir die mense wat my nie ken nie: As jy sien ek praat met myself, stap net verby asb.  Ek werk vir myself en het ‘n ‘staff meeting’.    
So waar sien jy jouself oor 5 jaar?   Hopelik sonder ‘n masker. Ek kan nie wag vir ‘n lekker fliek nie of ‘n laaaang stap langs die see nie.  Prins Albert wag ook vir my. 

Veilig bly, bly droog en geniet daai sop.
Sopweergroete

Starbucks Rossouw (nogal ‘n eksotiese naam)