So dis koud. Wie’s bang?

Posted on
Naomi Bezuidenhout Photo

Photo taken by Naomi Bezuidenhout

Ek het my voorberei om lekker te vertel uit ‘n YSkoue Prins Albert hoe die Boland maar kan spog met hulle VREEESLIK BAIE REEN, want Prins Albert het een stappie hoer – sneeu.  Nou het die Boland oorvloedige sneeu ook en sit ek maar net hier en bewe.  Maandag se maks van 8 grade het seergemaak.  In vanaand se kommunikasie met my winkelbestuurders, het ons gefokus op nog meer bemarking, nog mooier winkels en die basiese goed soos goeie klientediens – ons kan nie wag om jou in die winkel te sien nie. 

 

Ons almal probeer maar enigiets om die koue baas te raak – Ek het vanoggend Red Bull in plaas van water gebruik om my koffie te maak.  Na ongeveer 15 minute op die N1 in die vinnige baan, het ek eers agtergekom dat ek my kar by die huis gelos het.

 

My persoonlike wenresep om van die koue te vergeet is om een van oom Freddie se Melkterte warm te maak en dan kaf te draf  – jy kan dit altyd ook deel met jou kollegas as jy dan nou rerig wil.  Stook daai kaggel. As die kaggelhout sopnat is, het Kookwater jou lewensredder – KURKDROE BEGINSELS (Fire Starters) vir R19.50 per sak.

 

Kom ons fokus bietjie op die kinders – die skok om terug skool toe te gaan was al erg genoeg. Die koue maak dit erger.

  1. TOEBROODJIES: Brood R12, BWell Sandwich Spread R18.50, Koue vleise soos Gypsy Ham, Salami, Spiced Beef (R109 per kg),
  2. 3 ALIBI MAX sjokolades vir R15.  Dis heerlik om so ‘n verrassing in jou kosblik te kry.
  3. ‘n sespak YOGHURT vir R9,90.
  4. ‘n Groot verskeidenheid pakkies lekkers soos pakkies Sour sticks vir R6.50 of 3 vir R14. Of ander sakkies soos Dyna Speckeld eggs vir R9.50 of 3 vir R25.  Kookwater is amptelik die plek om te besoek as jy ‘n lekker partytjie wil reel.
  5. 30 pakkies Poppy Pops chippies vir R25
  6. Verras almal vanaand met nagereg by aandete: 410g Koejawels en 500g VLA vir R19.90 of 820g Perskes en 500g VLA vir R19.90.

SOOO….. stook daai kaggel, Drink jou Red Bull en kyk mooi na almal se kosblikke.

 

Bibbergroete

Klappertand Rossouw