SES SWART DAE by Kookwater

Posted on

Die eerste 3 dae van ons swart week was rof.  Die dames het met mandjies kaas daar uitgestap.  Die goeie nuus is dat al die pryse van die KAAS, KINDERS EN KOFFIE nog steeds geld – kyk gerus op die aangehegde pryslys.  
Die tweede fase van die swart week skop nou in.  Dis GESKENKE, GROENTE EN GELDSPAAR.

GROENTE   GROENTE GROENTE

  • Avo’s is die hoofdis: 3 grotes of 5 kleintjies vir R10.  Kombineer hierdie saam met die Jimmy’s SOUT R19.50.  Dis eenvoudig hemels.  Die 40 boksies sal vinnig loop.  Toe ek gistermiddag die avo’s in die winkel invat, wat daar 3 dames.  Die eerste een het 3 gevat, die 2e dame 6 en die derde dame sommer ‘n hele boksie.  Toe gryp ek maar gou vir my ook 10 sodat ek darem ook ‘n paar kan kry..  Dit wat heeeeeerlik.
  • Ons het vars Eiervug (R4), Murgpampoentjies(R12.50 per kg), Jalapeno rissies (R5.50) en ander rissies ingekry.

GESKENKE  GESKENKE  GESKENKE

  • LINDT ‘SLABS’ R15,    GODIWA ‘SLABS’ R15.  Gaan mal.  Niks se Dankie Juffrou soos ‘n TJOKLIT nie.
  • Pragtige Houtkissies R25 en R45  – om die tjoklits in te sit, natuurlik.

GELDSPAAR GELDSPAAR  GELDSPAAR.

  • 5 LITER WATER R8.50.  Dis om saam te vat op vakansie.  Dit het erg seergemaak toe ek laasweek R28 moes betaal daar by die see naby Gansbaai.
  • Neute – ons het verskeie soorte teen die beste pryse natuurlik.
  • Olyfolies R39 – verskeie soorte.
  • vele meer

Vir die ouens en vrouens wat hard aan die swoeg is by die werk en voel asof alles verniet is, hierdie wyse woorde:  AS JY DINK JOU WERK IS SINNELOOS, ONTHOU DAAR IS IEMAND IN ‘N TOYOTA FABRIEK ERENS WAT FLIKKERLIGTE IN ‘N TAXI SIT.


Moet ook nie die opvoeding laat slap le in die vakansie nie.  ‘n Ander wyse engelsman het gese:  IF YOU RAISE YOUR CHILDREN, YOU CAN SPOIL YOUR GRANDKIDS, BUT IF YOU SPOIL YOUR CHILDREN, YOU WILL HAVE TO RAISE YOUR GRANDKIDS.


Lekker baljaar daar by Kookwater. Vergeet van matigheid voor oe.  Te veel van ‘n goeie ding is wonderlik.


Feesgroete

Sjokolade Frans