Sap, Safari, Starbucks en Struggle Vetterane

Posted on

Politici speel politieke speletjies en die res van ons geniet die vertoning. Die episode oor die 50 struggle Vetterane (beslis 2 t’s) is geen uitsondering nie. Hierdie episodes is sulke kort ‘Ha Ha’ snaakse stories.  Hierdie week fokus ons op kort en kragtige episodes oftewel humor:  

  • Gerugte wil dit he dat jy niks weet van die struggle as jy nog nie Weetbix met warm water ge-eet het nie – Daai goed smaak soos gestrykte kortbroek.
  • Ek het verlede week ‘n noue ontkoming met ‘n grassnyer gehad – Hy het amper gestart.
  • DOKTER:  Ontspan David, dis net ‘n klein operasietjie. Geen rede vir paniek.  PASIENT:  My naam is Frans.    DOKTER:  Ek weet. My naam is David.
  • Net ‘n vraag:   Is dit nou al veilig om te hoes sonder om skeef aangekyk te word?
  • Mense se altyd: Wat jy vrees, sal met jou gebeur…..    Ek is so bang iemand gee my R20 miljoen.
  • Sokker is 90 minute van voorgee dat jy beseer is.   Rugby is 80 minute van voorgee dat jy nie beseer is nie.
  • Party ouens weet te vertel dat die rugby so vervelig is deesdae dat skoolseuns halftyd wegglip voor die TV om hul huiswerk te gaan doen.
  • Skoolhoof kondig aan:  Die meisieskoshuis is verbode vir seuns.  As jy daar binne gevang word – R50 boete vir die eerste keer, R100 boete vir die 2e keer, R150 vir die derde keer, ens.  Verstaan julle?  Enige vrae?  ‘n Stem agter uit die saal:  Wat kos ‘n seisoenkaartjie?

Kookwater het ook ‘n paar kortlikse verrassings.  Dis eintlik baie snaaks as jy ander winkels se pryse kyk:

  • 5 liter Fruittree sap R35.
  • Jabba Juice en ander sappies R48 vir 24.
  • SAFARI Nuts&Fruit Luxury Mix – 100gr vir R19.50
  • SAFARI Mango vrugterol  R12.
  • Pronutro Todler R11.50.  Kelloggs Cornflakes R25, Rice Krispies R25, Special K R25.
  • Die groot Wenners is nog steeds: Starbucks Koffiekapsules R90 vir 30, WRAPS R15 per pak of 3 pakke vir R30, Laughing Cow kaasdriehoekies 3 wiele vir R33, Marmite Kaassmeer R15, Diced Mozzarella R65/kg. Amandel R135 per kg, ACE Mieliemeel en Samp R9,90 per kg. Moenie die Ferrero Rocher 30 balletjies vir R99 miskyk nie.
  • 2 x 2 liter koeldranke vir R10:  Lemonade, Dry Lemon, Tonic Water, Soda Water, Ginger Ale.
  • 3 x 1liter Fitch&Leeder vir R20:  Ginger Ale en Dry Lemon

Mag jou week so mooi uitdraai soos Dana Snyman se mooi beskrywing van Aspoestertjie en ‘stuff ‘ in die Beeld van 16 Oktober.  Hy beskryf hoe die Prins besluit het om hierdie paadie te gooi.  Hy is die cool dude met like two million followers op Instagram en stuff.  Aspoestertjie en die trashy stiefsusters het die paadie baie geniet tot Aspoestertjie 12 uur huis toe moes hol en een van haar wit Nike sneakers verloor.  Ons ken die verhaal, maar die gelukkige einde se morele boodskap wil ek jou toewens: Maak nie saak wat jou omstandighede is nie – styg uit bo dit.  YOU GO GROOT OR GO DOOD.

GRAPGROETE

Vetteraan Frans