rustige vakansiedagplanne

Posted on

Mensig, maar ‘n vakansiedag so in die middel van die week is darem maar lekker. 4 kort weke in ‘n ry kan ‘n mens nogal luilekker maak.  Vasbyt, volgende week is alweer ‘n kortetjie.  ‘n Mens raak lusteloos en weet nie meer wat om te doen met al jou afdae nie.  Wees nie bevrees nie, Kookwater het, soos altyd, ‘n plan.  Vandag is ‘n ideale geleentheid om rustig deur al ons produkte te kom loer.

  1. Ons het nou die mooiste Merinques – Skuimpies (R15 per pakkie) ingekry – gekleurdes en gesiggies – te fraai.  Ons het die oulikste nuwe verskaffer ontdek – einlik moet ek erken, een van ons gereelde nuusbrieflesers het my van die persoon vertel. Die jonge dame het ons van die Waterverskaffer (R2.50 vir 350ml sportscap) ook vertel. Dis sulke oulike mense wat Kookwater lewendig hou met volop nuwe produkte. Volg gerus haar voorbeeld.
  2. St√™repampoene – R60 vir ‘n grote of kwartpampoenskywe vir omtrent R15  (Ek weet nie rerig wat die pampoen se biologiese naam is nie, maar ons het dit daar op Prins Albert altyd so genoem vanwee hul vorm).  Hoop nie die beskrywende naam sit jou af nie)
  3. Sit sommer vandag net op jou stoep.  ‘n Lekker koppie koffie in die hand. (Importers se 3 in 1) of hul Cuppacino (nou 3 sakkies vir R10)  saam met ons 5-500gr beskuit (R19.50), sal die rustigheid terugsit in ‘n gejaagde lewe. 
  4. ‘n Groot bos proteas (R7 elk) maak die lewe mooi.  Bederf iemand anders ook vandag met ‘n paar blomme.  Ons het nou 2 soorte – Susara en Nairobi.
  5. Vakansiedae is ‘bonding’-dae.  Doen bietjie iets saam met die kinders – bak ‘n lekker Koekinnekoppie (4 vir R6) – 2 minute in die mikrogolf – en rond dit af met parmalat se vla (R16.50).  Dis eenvoudig heerlik.
  6. As jy enigsins ‘n lessenaar vir jou besigheid of huis soek, moet tog nie vergeet van Daai Kookwater Winkel in Newton nie.  Ons het ‘n groot verskeidenheid tussen R300 en R650.  Jy sal nie spyt wees nie.

Laaste en beste plan: Doen bietjie iets om jou buurt mooi te maak.  Plant ‘n boom, tel bietjie vullis op. Maak dit mooi rondom jou besigheid.  Ek het hierdie week weer ervaar hoe mense in absolute vieslike omstandighede leef en hul besighede bedryf en graag vir jou vertel hoe ANDER  mense mors. Ons kan nie handjies gevou terugsit en ander mense blameer nie.  Maak jou eie wereld skoon – asseblief nie eenkeer ‘n maand nie – gereeld. Pak ‘n projek aan – op jou eie of saam met ander.  ONS sal iets moet doen.  Ons mooi land sal nie ten gronde gaan SOLANK ONS PLANNE NET NIE OPRAAK NIE.

Genoeg planne gemaak namens jou.   Geniet nou net die dag

Koffiegroete

Sawwelyf Rossouw