Rugbyverversings en Boursin kaas

Man, dis lekker as die Bokke wen.  (maak nie saak of die teenstanders opgedaag het of nie).  Ons fokus hierdie week bietjie op die kaasbord tydens die wedstryde.

  • BOURSIN KAAS. R19.50.  Ek kan nie genoeg praat oor hierdie ongelooflike sagte kaas wat ons tans het nie.  Buiten die feit dat dit R49.99 elders kos, sal hierdie kaas uitstaan op jou kaasbord.
  • 5 klein Avo’s vir R10. ‘ripe and ready’.  ‘n Absolute wenner.  Maak ‘n lekker avo-doopsous met roomkaas of maaskaas.
  • Gouda en Mozzarella kaas R69 per kg.  Dis in klein blokkies vakuumverpak of in 850gr. Die ander winkels adverteer graag hul 850gr pakke vir ‘n mooi prys, maar as jy dit per kg uitwerk, kos dit maar weer tussen R80 en R100 per kg.  Kom ons vergelyk appels met appels ouens:  Ons 850gr kaas kos net R59 !!!

Ons het ‘n paar ander produkte ook ingekry wat uiters lae pryse het:

  • Cafe A La Carte gemaalde koffie R37.50  (R87.99 elders). Geniet dit saam met ons heerlike beskuit van R16.50
  • Bonnita 500ml Langlewemelk.  R7 of 10 boksies vir R65.
  • Die 500gr Lindt balletjies is nou weer in voorraad.  Ons prys is R99 (elders R180).  Die 100gr ‘slabs’ teen R19.50 is ook ‘n wenner (R53 elders)
  • Pragtige Eiervrugte – die gewone pers een en die eksotiese gestreepte een.  R4 elk.  Dis mos die mooiste vrug om in jou tuin te he of in ‘n mooi bak op die tafel.  Daar is mense wat dit eet ook, maar persoonlik dink ek dis nie vir menslike gebruik nie – meer vir dekoratiewe gebruik.

Mag ons almal iets leer uit die uitstekende manier waarop Japan hul besoekers laat welkom voel.  Dit was ongelooflik om te sien dat daar heelwat Japannese was wat dit Suid Afrikaanse volkslied saamsing.  Wel gedaan Japan.  Hier op plaaslike front wil ek graag die Drakenstein Munisipaliteit bedank wat ons dorp so mooi skoon hou.  Ongeag hoeveel idiote hul rommel – letterlik swartsakke – kom gooi in die bos by die Diemersfontein robot, word die bos gereeld skoongehou.  Baie dankie.  Dis nou een van Wellington se mooiste ingange. ‘n Pragtige bos met reuse bome.

Mag almal die rugby geniet.  Toets maar Kookwater se produkte en nooi jou buurman of buurvrou oor vir ‘n lekker kaasbord of ‘n koffietjie.  Wees gasvry soos die Japannese.

Mag die beste span wen in die wereldbeker en mag dit die Bokke wees.

Grasgroen Groete

Bok Rossouw