RAAD VIR HAAI AANVALLE – Sappies, Dip&Crunch en Beetslaai

Posted on
haaie
As jy 100 miljoen rand wen, wat sal jy doen in jou gemeenskap?   Ek sal sosiale afstand handhaaf. 
 
As jy nie die 100 miljoen rand wen nie, kom maak ‘n draai by Kookwater.  Jou geld sal laaaaank hou:
  • DIP & CRUNCH R15 elk of 3 vir R30.  Kinders soek altyd iets om aan te peusel.
  • CERES EN BIOES SAPPIES R90 VIR 24 of R23.40 vir 6
  • JABBA JUICE en ‘debranded’ sappies R39 vir 24.
  • 1kg glasbottel BEETSLAAI – 2 VIR R30.   1kg glasbottel PEPPADEWS R35, Wellingtons Sweet Chilli (450gr) R19.50.  1kg CORNFLAKES R29
  • Gedroogde PYNAPPEL: 3 x 100gr  vir R10
  • 1 liter ‘Bar Mixes’:  Dry Lemon, Ginger Ale, Pienk en Blou TONIC WATER, APPLE SPITZER:  3 VIR 20.
Hierdie lekker koel weer en lekker nat grond kry my maklik in die tuin tussen die plante.  Ons R9.50 sespakke ‘Impatiens’ en grasangeliere sal die kleur in jou lewe terugbring.  Jou groentetuin sal ook baat by ons lekker groot Appelliefie plante, soetrissies (green peppers), Basiliekruid, boerpampoen en vele ander soorte groentes en kruie.  
 
Skakel lekker af.  Vir die vakansiegangers by die see: RAAD VIR HAAI AANVALLE..
 
1. Moenie in die see swem nie.  Meer as 99% van haai aanvalle kom voor in groot watermassas soos die oseaan.  
2.  Swem saam met vet mense.  Die kanse dat jy vinniger as hulle kan wegkom van die haai af is goed.
3.  Moenie paniekerig raak nie.  Bly kalm as ‘n haai jou byt.  Jy is in elk geval in jou kanon in.  Dis nie nodig om die kinders op die strand bang te skree nie.
 
Geniet die blaaskans.  Benut die kans om lekker laaank in Kookwater rond te snuffel.  Ons is spesiaal op Saterdag (Nuwejaarsdag) oop vir jou van 8 tot 5.
 
Hou ‘n papier en pen byderhand vir as daai puik nuwe idee jou oorval.  Skryf hom neer.  Jou planne moet net nie opraak nie.
 
Rustige groete
 
FRANS