Positiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Posted on

Vir my mede Entrepeneurs wil ek net se:  If you can run a business IN LEVEL 3 LOCKDOWN, WITH STAGE 2 LOAD SHEDDING, IN A DOUBLE RECESSION WITH NO BEE CERTIFICATE  – YOU CAN MAKE IT ANYWHERE IN THE WORLD.    Ons sal nie moed opgee nie.  Ons sal elke dag opstaan met ‘n lied in die hart (al bewe die liggaam) en ONS PLANNE SAL NIE OPRAAK NIE.

Ek bewonder en ondersteun graag die ouens soos ek wat planne maak en die ure insit om dit te laat werk:  Ek is oopmond verbaas as ek soggens 5 uur my voordeur oopmaak en sien dat die Burger al le en wag vir my.  Ek stop onmiddelik as ek daai ou 15km van Wellington af op die Hermonpad met sy koffiekarretjie in die koring- en Canola lande sien staan.  Daai man is elke dag daar in die mooiste omgewing – grasgroen en goudgeel om hom met die mooiste blou berge – spierwit sneeu.  Gaan neem ‘n foto en koop ‘n koffie.

Kookwater se planne sal nie opraak nie.  Ons het vele navrae gehad oor orgidiee plante.  My vriendin Annalie het die verspreiders opgespoor.  Ons sal van vanmiddag af Mot orgidiee plante in die winkel he teen R140 per  plant met een string blomme.  Die blomme behoort nog 3 weke te blom.  Daarna knip jy die string af op die tweede lit en wag dat hy weer blom.  Die Duckits daar op Darling se altyd: “more orchids are killed by kindness than by cruelty”.  Een ysblokkie per week is al water wat die outjie nodig het.  Geen direkte sonlig, geen trek en helder lig en met behulp van jou groen vingers sal die plante 3 jaar lank blom.  Geniet dit.

EK IS BAIE OPGEWONDE OOR VOLGENDE WEEK SE LEKKER PRET, maar meer daaroor volgende week.  Ons het heerlike pryse hierdie week:

  •  CERES, RHODES en ander soorte sappies 6 x 200ml vir slegs R23
  • RHODES 2 LITER SAPPE R15
  • Heerlike 1 liter sappe R9.90
  • Forest Hill Camembert en Brie R18.50
  • 250ml Steri Stumpie botteltjies (3 soorte) R7.50
  • ORGIDIEE RUIKERS – 3 STRINGE VIR R95 of enkelstringe met meer as 7 blomme teen 2 stringe vir R100.
  • pragtige spierwit blomkole R25
  • AMANDELMEEL R55 per kg
  • AMANDELMELK R15.50 per liter.

Daar is nog vele meer op die pryslys en in die winkel.  Dis ‘boring’ om alles hier te noem.  Kom kyk.

Die Rossouw huishouding leef hulle ook in in die wel en wee van ons land se mense en hul genietinge: Hier was gisteraand omtrent groot gerook en gedrink in die huis.  Daai snaakse Suidwestewind het die kaggel heel deurmekaar gehad en die hele huis vol rook geblaas.  Wat die drinkery betref het ek eiehandig (of soos vriend Johan altyd se : persoonlik self ) minstens 3 koppies van die heerlikste sampioenroomsop wat ek nog ooit geproe het, weggeslaan.  Kry gerus die resep by my wederhelf.  Sy sal dit graag verskaf – die produkte kom net daar uit Kookwater uit

– vars sampioene (R16.50 per bakkie ) en Melk – R8.50 per liter.  

Genoeg van die wel en wee van die hele ou Sous – huishouding.
MAG AL JOU DROME WAAR WORD, MAG AL JOU VYANDE NAAR WORD, MAG JOU BEURSIE SWAAR WORD EN MAG JY DEUR JESUS BEWAAR WORD.
Spierwitgroete

Positiewe Frans