Positiewe KOOKWATER gedagtes

Posted on

As jy R86 400 in jou bankrekening het en iemand steel R10, sal jy so ontsteld wees dat jy die orige R86 390 weggooi net om hom/haar terug te kry?  Dit maak mos nie sin nie. Niemand sal dit doen nie, maar tog….   Jy het 86 400 sekondes in elke dag.  Hoekom toelaat dat een of ander hoender se 10 sekondes van negatiewe opmerkings die orige 86 390 sekondes van jou dag opmors?   

Ek leer my 2 studentekinders om altyd te onthou dat ‘n POST MORTIM (nadoodse ondersoek) nog nooit enigiemand weer lewend gemaak het nie.  As jy klaar is met ‘n vraestel, los die ure se nabetragting en gaan aan met die volgende werk.  Gedane sake het geen keer.  

By Kookwater kan jy nie anders as om positief te wees nie.  Ons pryse is so laag, die glimlag kom van self.  Ek wil eintlik dit in HOOFLETTERS uitroep en in neonpienk tik, want ek voel party ouens lees dit dalk mis.

  • Speldekussing en fynbos ruikers R50.  Hierdie is besonder mooi en ‘n wenner vir enige geskenk.  
  • Koning proteas R10 elk (vanaf R70 elders)
  • CAMEMBERT : R45 vir 3 (R15 elk) of R16.50 as jy net een koop.
  • PIENK Tonic Water,  Ginger Ale en Rock Shandy R6.50 per liter of 4 vir R20.  Jy hoef nie 4 van een soort te vat nie, meng gerus vir die 4 van jou keuse vir R20.
  • CERES Fruit Punch sappies 6 x 200ml vir R18. Daar is nog 5 ander geure ook vir R21 vir 6.

Die jaar het so vinnig verby gegaan, ek het nog nie eers kans gekry om gewig te verloor nie.  Onthou jy nog die goeie ou dae toe dinge so goedkoop was soos dit nou by Kookwater is?  Toe ek ‘n kind was, kon jy by ‘n kafee ingaan met R1 en uitkom met sakke vol lekkers, chappies, toffies, ‘n 1 liter Coke en ‘n Huisgenoot.  Vandag het hulle orals CCTV. 

Ek het vandag Tulbagh toe gery en glo my DIS MOOI DAAR BUITE. Goudgeel koringlande – die mooiste oes.  Die pragtige groen wingerde.  Die glimlag kom vanself en onwillekeurig op my bakkies as ek so ry.  Ons is geseend met die mooiste omgewing.  Sien dit ‘n slag raak en geniet dit.

Mag jou dag vol seeninge wees en mag jy dit raaksien.
Positiewe Groete

Smiley Rossouw

Dis hoe goeie vriendskappe altyd begin.