plantjies, Koeksisters en Croissants

Posted on

Gister se reen het weer iets wakker gemaak in my.  Daai gevoel om te boer.  As dit koeler raak, het ek mos sommer heelwat meer energie en lus om die tuin te pak.  Ons winkels blom met die pragtigste Afrikanertjies (vir kleur en om die goggas weg te hou).  Daar is ook die mooiste (lekker sterk) groenteplantjies – 3 soorte blaarslaai, mooi groot tamatieplante, Chinese slaai,  Rissieplantjie en selfs nog ‘n paar basiliekruid.  Kweek jou eie groente.  Dis erg gesond. 


Van Blom gepraat – Groot was my verbasing toe een van ons verskaffers verlede week opdaag met die eerste proteas.  Laaang stele – ligpienk en slegs R7 per steel.  Sit bietjie kleur in jou huis.

Ons het nog steeds die goeie pryse vir die koeldranke (R5 per 2 liter) en mengeldrankies (Dry Lemon vir R3.50 per liter), maar ons kan nou ook fokus op die warm knaaggoed, soos croisants.  Verras bietjie jou familie en vriende met jou bakvernuf en druk ‘n paar in die oond.(R17.50 vir 10 kleintjies of R24.50 vir 4 grotes)  Heerlik.  Soetgoed saam met ‘n koppie koffie, sal ook werk – ons cocktail koeksisters  kos nou net R9.90.  Die koffiekapsules raak nou min – geen wonder dat hulle vlieg teen R16.50 vir 10 nie.  Hot Chocolate kapsules (ook R16.50 vir 10 kapsules) raak met koeler temperature ook weer ‘n heerlike opsie.

GROENTESTORIES:  TAMATIES teen R5 per kg is sooooo 1990.   Kom soek ook jou heerlike soetmielies uit teen 4 vir R12.  

As die temperature daal, styg my energievlakke sommer.  Party mense sal ver gaan vir koeler temperature, maar daar is darem perke.  Die skone dame wat elke week ons nuusbrief mooimaak, vlieg een van die dae na Rusland met temperature van rondom minus 20 grade Celcius.  Eina.    Hierdie ekstreme temperature en merendeels die uitstappie, het ongelukkig tot gevolg dat daar die volgende 2 weke geen nuusbrief per epos sal wees nie.  Dit beteken nie dat ons jou nie op hoogte kan hou nie. Die nuusbrief en ‘specials’ is nog steeds beskikbaar op ons webwerf: www.kookwaterbiltong.co.za of ons facebookblad Kookwater Biltong en Kaas.   Ons sal ook nog steeds ons foto’s en lekker produkte adverteer op meer as 30 facebookblaaie, soos 2nd Wow Wellington, Worcester Koop en verkoop, Paarl, Malmesbury Snuffelgids, Ceres Koop en verkoop, en vele meer.
Mag jou tuin pragtig blom en jou groentebedding jou daagliks verras.

Groenvingergroete Francois