PIZZAS, KIRI Dip & Crunch en Vakansiebederfies

Posted on

Almal gaan weer see toe.  Dis net Hentiesbaai, Gansbaai, Bettiesbaai en Tietiesbaai.  Ek is net op Stendbaai..  Moenie jouself jammer kry nie.  Oom Kookwater gaan ook nerens heen nie.  Die geheim is in die beplanning om jouself te bederf.  Hierin is Kookwater meesters.  Niemand gaan jou mos keer om elke aand te braai nie (by die see of by die huis). Die geheim is in die afwisseling – na 10 aande moet jy die Dokter inroep (nie vir die Gout nie) – Dr Oetker – vir die RISTORANTE PIZZAS.  ‘n Verandering is so goed soos ‘n vakansie.  ONS VERKOOP NOU PIZZAS TEEN 3 VIR R90.  Dis mos nou vakansie.

SPAAR OP DIE ALLEDAAGSE NOODSAAKLIKHEDE:  Tamaties R9 per kg, Engelse Komkommers R10 vir 2, Bottels melk – 3 x 1 liter vir R20, 2of 3 AVO’S vir R10 (klein of groot), 1kg Yoghurt – Plain of gegeur – 2 vir R28.  Soda Water en Tonic Water 2 x 2 liter vir R10, 1 liter Fitch&Leeder Dry Lemon en Ginger Ale – 3 vir R20.   Ons het ook verskeie nuwe soorte BESKUIT ingekry – R19.50.

KOELGOED VIR DIE HITTE: SAPPE: 1 liter R12,50, 1,5 liter R17,50, 2 liter R22,50,  6 x 200ml sappies begin by R48 vir 24.  Verskeie Ceres en Liqui Fruit vir R23.40 vir 6.

LIPTON YSTEE:  3 liter R25, 1,5 liter R12,50, 6x500ml R36, 6x330ml blikkies R29.50. 

KERSFEESBEPLANNING:  GESKENKE: FERRERO ROCHER R95 vir 24 balletjies, R79 vir 15 balletjies 6 balletjie geskenkpak R45 en 3 balletjie sterre vir die kersboom.

KAASBORDE (R120) en houtkissies (vanaf R30) is altyd ‘n wenner.

KERSBOOM VERSIERINGS: Ons het pragtige kleurvolle, eetbare kieries vir die kersboom en natuurlik Ferrero Rocher Sterre met 3 balletjies in.

Hierdie maak ‘n fees van kersboomversiering en natuurlik sal almal graag wil help om die boom weer op te pak.

Dinge om die kinders mee besig te hou: Padkos, versnaperinge, peuselkossies.  Noem dit wat jy wil, ons het dit:  KIRI Dip & Crunch R15,  100gr SAFARI AMANDELS en LUXURY NUTS&FRUIT R19.50 of 2 vir R30.  COCO POPS TREATS R30 vir 15.  

Party plekke se water is nie so lekker nie.  Ons het 2 liter waterbottels teen 4 vir R10.  ‘n 5 liter bottel is in elk geval baie ongemaklik om in die yskas te sit.  2 liters is meer prakties en vrek goedkoop.

Waar jy ookal gaan – plaaslik of ver, geniet dit, lag baie, rus lekker en soek die positiewe dinge.  Maak lekker nuwe planne en blaas maar jou geld – jy kan weer lekker spaar by Kookwater in Januarie.  Ons gaan jou nie drop terwyl jou sakke vol geld is nie – ONS IS OOP op 16 Desember van 8 tot 5, Maandag, 27 Desember en Saterdag 1 Januarie.

Lekker Lag

Hou op om jou man goedkoop name te noem soos Honey, Sweetie, Sugar, ens.  Gebruik duur name soos Petrol, Sement, Krag of Wors.

Politieke denke is ook nodig: Singapoer se Eerste Minister, Lee Kuan Yew se daar was 2 keuses vir hom:  Raak korrup en kry sy familie op die top 10 van Forbes se rykstes en los sy mense met niks nie OF dien sy mense en sy land en laat sy land een van die 10 beste ekonomiee in die wereld wees.  Hy het die tweede gekies.   Suid Afrika se politici se:  Ons het ook 2 keuses gehad, maar Singapoer se minister het klaar die tweede keuse gekies.  Ons het geen ander keuse gehad as om die eerste een te kies nie.

Ek kan nie glo die SPCA is so vol nonsens en streng nie.  Soveel vrae – net oor ek die tyd van die jaar ‘n kalkoen wil aanneem.

Terwyl jy uitrus, dink aan ander en aan die kinders.  Kom ons maak weer nuwe planne vir volgende jaar.  Ons 5 parkies is klaar geverf en dit is heerlik om die swaaie voltyds in aksie te sien.  Ek het breed geglimlag toe ek Maandagoggend net na 8 die manne aflaai om die laaste verfwerk te doen en sien hoe die outjies in hul pajamas aansuiker na die swaaie toe.  Dis ‘n fees om die genot te sien.  So moet Kersfees mos lyk.

Mag jou feestyd vol Pizzas en lekker verrassings wees.

Feestyd groete.

Ferrero Rossouw

aka Vakansie Frans