Briewe

MOEDERSDAG DINGE

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder en ‘n moeder sonder Tjoklits en blomme? As dit nie was vir die moeders nie, sou my figuur al weke gelede afgeplat het (soos die kurwe moes doen). Die moeders het mooi na ons gekyk en baie nonsens opgevreet. Dis tyd om hulle te bederf: … Lees gerus verderMOEDERSDAG DINGE

Posted on

LINDT en Kaas

So ons mag nie meer Biltong verkoop nie (grendeltydreels), so die naam moet verander na Kookwater Lindt en Kaas of Kookwater Waterblommetjies en Kaas of so iets. Ons het hierdie week ‘n paar planne met die kookidees: … Lees gerus verderLINDT en Kaas

Posted on

Kookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die ou sondagskoolliedjie het vannag 4 uur in my op opgekom. Onthou jy nog: ” Jy in jou klein hoekie en ek in myn”? Die ander frase was ” Jesus min my salig lot” en dan die meer onlangse liedjie van Joan Armatrading: ” Me, Myself, I “. Alles van toepassing op ons huidige omstandighede. Jy het nou al vir amper 3 weke jou nessie reggepak, jouself jammer gekry en by almal wat wil hoor en nie wou hoor nie gekerm oor allerhande goed. Die Here het vir jou gesorg. Niemand wat hierdie nuusbrief kry het die virus gekry nie. Dis tyd om weg van jouself af te kyk. Ander mense het jou nodig. Kom ons maak ‘n paar planne: … Lees gerus verderKookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die Gesonde Kwarantyn Konyn

So, wat noem ons die Paashaas vanjaar? Die Kwarantyn Konyn. Ek glo dat daar 3 dinge is wat ons land gaan help om hier deur te kom: Ons sin vir Humor is hoog op die lys. Ek glo ook dat ‘n gesonde leefstyl dalk kan help om die land te red. Ek gaan nie ‘n marathon op my balkon hardloop nie. Ook nie ‘n ystermankompetisie in die tuin nie. Gesond EET en DRINK is die deel wat Kookwater graag mee help:
Lees gerus verderDie Gesonde Kwarantyn Konyn

Posted on

Kookwater se pryse bly laag

Dag 5 van Lockdown. Tyd kruip. Ek het 11 keer ge-eet en 5 uiltjies geknip en dis nog steeds vandag. Daar is baie goed wat by die huis gedoen moet word, waarvoor ek nooit tyd gehad het nie. Na 5 dae het ek agter gekom dat tyd nie eintlik die rede is waarom die goed nie gedoen is nie. ‘n Paar goed het wel gebeur. Die swembad is blou, daai boom wat 6 weke gelede omgewaai het kry nou aandag, Die tuinhekkie is ge-Q20 en die Vinca plantjies wat hulle elke jaar self saai, word nou uitgeplant. … Lees gerus verderKookwater se pryse bly laag

Hand Sanitizer

Ek voel nogal trots op Daai Kookwater Winkel en Kookwater Biltong en Kaas wat die ander winkels in Wellington en Paarl los voor is die mees gesoekte produk in die dorp –  Handreiniger oftewel HENDSENITAAIZER.  Kom koop gerus: 150ml teen R30 – 70% alkohol.  Almal … Lees gerus verderHand Sanitizer