opkikker idees (en produkte)

Die Springbokke se glorietoer deur SA is goed en lekker en wonderlik, maar dit is mos nou maar eenmaal so dat almal nie altyd op so ‘n hoogtepunt is nie (soos die Engelse span bv). Partykeer maak die lewe jou seer.  Ek hoor Saterdagoggend op Ontbytsake (op TV) die een dame se plan vir as dit moeilik gaan. (Dis ‘n 16VL plan en nie vir sensitiewe lesers)  Sy se: “As die lewe jou klap dat die snot spat, sit terug en se: Dis OK, ek het nog baie snot”.  As hierdie verwysingsraamwerk dalk nie vir jou werk nie, probeer die een:  As iemand vir jou se jy’s lelik, slaan terug met: Jy’s bietjie deurmekaar, ek is nie ‘n spieel nie.
Om jou en jou beursie op te beur, het ons ‘n paar lekker nuwe produkte:

  • Lancewood BOTTER.  R39 per 500gr bakkie.  Daar was mos ‘n tyd dat botter as die sondaar vir alle siektes uitgemaak is.  Nou is dit weer gesond, Dis net jammer die prys is nou elders R73 per bakkie. Geniet ons s’n.
  • Vygies en vele ander blomplantjies en groenteplantjies, soos tamaties, blaarslaai, pampoene en skorsies – R9.50 per sespak. Ons het ook Tiemie en Basiliekruid (Basil) teen R9.50 per pot.  TUINMAAK lig die gemoed.  Daar is niks so lekker as om jou week se frustrasies uit te haal op die 35ste vet slak in jou tuin nie. Ek praat uit ondervinding.
  • Pragtige houtkissies.  R45 en R65.  Min dinge se so mooi geseende Kersfees soos ‘n houtkissie vol Lindt sjokolades nie.
  • Importers Koffiesakkies: R35 vir 10.  Ons het 3 geure Cappuccinos.

In hierdie tye van eksamen (dis ook in sulke tye dat die lewe jou seermaak), deel ek graag ‘n paar weldeurdagte eksamenantwoorde met jou.  

  • Demokrates was ‘n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raadgegee het.  Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
  • Abraham Lincoln het Amerika se grootste president geword.  Lincoln se ma is dood toe sy nog ‘n maagd was en hy is gebore in ‘n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse revolusie.
  • Beethoven het musiek geskryf al was hy doof.  Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het.  Hy het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.  Hy het rooi hare gehad by geboorte, toe noem sy ma hom Beethoven.

Sterkte met die eksamen en die hou wat die lewe uitdeel.  Hou die blinkkant bo.
Positiewe groete

Optimistiese Frans