OORLEWING, GESONDHEID EN LEKKER GOED

Posted on

Frank Buckles, ‘n korporaal van die Amerikaanse weermag en die laaste oorlewende veteraan van die Eerste Wereldoorlog het 110 jaar oud geword. Toe hulle hom vra wat die geheim van sy lang lewe is, het Buckles gese dat om HOOPVOL (positief) te wees, ‘n groot deel van die geheim is en natuurlik – “WHEN YOU START TO DIE…… DON’T”.  Frank is ‘n voorbeeld vir vele.  Moenie net gaan le nie, sit jou tee.  Oorlewing kom nie van self nie.  Hulle noem evolusie nie verniet “Survival of the fittest” nie.  

Kookwater pak die oorlewing aan op drie maniere:

EET GESOND (en lekker):

  • WATERBLOMMETJIES  R55 per kg.  ‘n Lekker bredie of Potjiekos is ‘n wenner.  (niemand klop hierdie prys nie)
  • Bloubessies R15 per bakkie of R45 per kg – VARS en GEVRIES.  Dis nie aldag dat gesonde kos so lekker is nie.
  • AMANDELS R135 per kg.  Ons het ‘n groot verskeidenheid neute en gedroogte vrugte met pryse wat nie geklop word nie.

DRINK GESOND 

  • 1 LITER SAPPE R9.90 – 5 geure
  • 6 x 200ml SAPPIES R21
  • 6.x 200ml PAW PATROL en LITTLE PONY  SAPPIES R23.40.  Dit maak dit maklik om die kinder so ver te kry om hul gesonde sappies te drink.
  • Alkoholvrye wyn en VONKELWYN R9.50 per bottel.

LEEF HIGIENIES

  • Dra jou MASKER – (was R5) NOU SLEGS R3
  • “SANITIZE” – 5 X 100ML SANITIZER VIR R20.

LEEF IN ‘N MOOI OMGEWING

  • Ons het pragtige hangmandjies met gesiggies en petunias vir R25.  Hang dit op jou balkon.
  • Daisiebosse vir R19.50.  Plant 10 op jou sypaadjie en 10 in jou tuin.
  • Gesiggies, Afrikanertjies, Grondbedekkers, Poeierkwassies, Sierkool – R9.50 per sespak.  Die water is gratis – PLANT BAIE.
  • Bloukool, Kopkool, Blomkool, Pietersiele, Basiliekruid R9.50 per sespak en per bakkie.  Eet lekker vars kosse.
  • Koop ‘n mooi kaasbord vir R120 en pak hom vol heerlike kase, chips en neute  (bloukaas R19.50 en Makataanstukke R30 gaan heerlik saam)

HET JY GEWEET?:   Dis maklik om ‘n geel motor raak te sien as jy heeltyd aan ‘n geel motor dink.  Dis maklik om ‘n rede te kry om kwaad te wees as jy heeltyd dink daaraan om kwaad te wees.   Dis maklik om ‘n geleentheid raak te sien as jy heeltyd aan geleenthede dink.  WAKKER WEES – JY WORD WAT JY HEELTYD AAN DINK.  Dink aan mooi dinge en as jy niks kan raaksien nie, plant ‘n paar mooi goed.  JY moet sorg vir die mooi in jou lewe.

Ons gaan die week maklik oorleef en volop mooi raaksien.

Grasgroen en goudgeel Bolandse groete

 

Francois

NS: ‘I plan to live forever – so far so good’