Ons Wereldbekerwenner lae pryse

Posted on

DIT WAS LEKKER.  Die wedstryd, die wen, Faf se landsvlag speedo saam met die prins, die hope pryse daarna, die whatsapp grappies, die goeie gees in ons land en Rassie se boodskap.   Rassie se die span het geweet dat dit moeilik gaan in die land en dat die land se mense HOOP nodig het.  Uit 1995 se wen het hulle geweet dat hulle, deur te wen, weer hoop vir ons mense kan gee.  Hy se om HOOP te gee was nie hul verantwoordelikheid nie, dit was hul VOORREG.  Ek het dadelik na myself gekyk en geweet dat ek ook graag hoop wil gee  oral waar ek kom en waar ek kan.  ONS LAND SAL WEER BO UITKOM.
Ons het hierdie week weer HOPE lae pryse (wereldklas):

  • Importers koffiesakkies (3 soorte) R35 vir 10
  • Pringles aartappelskyfies R9.50 – 2 geure
  • Pragtige Kopkole R7.50
  • Cous Cous R12.50
  • Katoen pluisies – 200 vir R9.50
  • Grondboontjiebotter R17.50 vir 454gr.
  • Tamatie ‘paste’ R2 per sakkie
  • Boursin Kaas R19.50.  Ons het nou 2 soorte: Kruie en gewoon.  Die voorraad is beperk en eenmalig.  As dit op is, is dit op.

‘n Wyse man het eendag gese:  As jy aanhou om jou kind se verkeerde gedrag te verdedig, sal jy eendag ‘n prokureur moet betaal om dieselfde te doen.  Hou asseblief op om die fout by almal te vind behalwe by jou kinders.  Op die noot wil ek BAIE MOOI VRA dat u asseblief nie vir die straatmense en veral nie vir die kinders wat bedel, geld of kos sal gee nie.  Ek weet dit is die maklikste manier om jou gewete te troos of om hulle van jou nek af te kry, maar ELKEEN WAT GELD GEE, VEROORSAAK DAT DAAI KINDERS NIE MEER SKOOL TOE GAAN NIE. 

By die skool word daar vir hulle kos gegee.  Vir die volwassenes word daar daagliks deur die GiftVoucher projek kos gegee agter die Moederkerk.  Hulle gee ook klere, was klere en kyk na die welstand van die straatmense.  Hulle gee nie alkohol nie.  Ons gee dit deur vir hulle geld te gee.  As jy HOOP wil gee, ondersteun die GiftVoucher projek en versprei asseblief hierdie boodskap.
Mag jy hierdie week aanpak met soveel geesdrif soos die FAFfenator.  Dra jou landsvlagspeedo met trots en gee hope HOOP oral waar jy kom.

Grasgroen Groete

Hoopvolle Frans.