Ons het die 84 dae van Januarie gemaak. VIER DIT.

Posted on

Net wanneer ek dink ons het nou alle hase uit die hoed getrek, kom daar nog een.  Daai 6 ton DINE IN bevrore etes, het nou gedaal na 3 ton.  (Van die 6 ton roomys is nog enkele 5 liter bakke oor – R79). Daar was 2 groottes van die DINE IN produkte 300g en 900g.  Ons prys vir die 300g was net minder as R30. So, as jy jou somme mooi maak, behoort 900g mos R90 te kos (dit kos R118 in ander winkels).  Jy verdien beter as dit.  Ons gaan hierdie 900g BEEF LASAGNE, BUTTER CHICKEN, SMOKEY BB CHICKEN, MACARONI&CHEESE EN COTTAGE PIE WEGGEE teen die belaglike prys van R45 elk.  Hoe’s daai?  ‘n Hele gesinsete vir R45. As jy alleen is of dit koop vir jou studentekinders soos ek, sny dit in drie en kry ‘n ete vir R15. Die malva poeding kos nog steeds net R39 en raak vinnig minder.   Wellington sal 9:00 voorraad he, Newton 9:30 en Malmesbury 12:00.  Wees nie bevrees nie, daar sal genoeg wees.

Dis so ‘n lekker lae prys, dat ons eintlik maar kan ophou, maar dit werk mos nie so nie.  Ons het sommer verskeie ander nuwe produkte ook ingekry:

  • 3kg ‘diced’ CHEDDAR R270 – Wanneer laas het jy kwaliteit kaas gekoop vir R90 per kg?
  • 2 Parmalat BRIE vir R30,  100g BLOU KAAS R19.50, ROOMKAAS R29.90, DAAI B…-KAAS R30 (Tans R89 by ander winkels), 
  • BABY BEL kasies R24.50.  Die ideale kosblikbederfie – mooi, gesond en heerlik.
  • Ons het weer VARS ROOM ingekry – 4x250g vir R20.  ‘n Dame vertel my nou die dag hulle kan nie wag dat ons weer vars room inkry nie – teen ons prys sit hulle dit in poedings, koeke, slaaie, enigiets.
  • 6 Medium EIERS van Golden Yolk vir R13.50.
  • Deli RUSSIANS R34.50 per KG.
  • Die perfekte ontbyt vir hierdie hitte (en vir diabetes soos ek)  OVERNIGHT OATS – 4 vir R55. – daar is 4 geure.
  • 6 x 1liter LANGLEWE MELK R79.90.

DRICUS du Plessis se wereldkampioenskap het darem heerlike grappies opgelewer. ‘Hulle weet nie wat ons eet nie, Hulle weet nie hoe ons sweet nie, ens’.  My gunsteling – Strickland se fout was om Dricus se oog toe te slaan – daai man oefen in Loadshedding pappie’.

Ek sien hierdie opskrif in die koerant:”Bekende in Veebedryf oorlede”.     Ek vat nie weer aan ‘n besem nie.

Mag hierdie salaris wat more opdaag lekker baie stress verminder, deure oopmaak en lekker bederfies koop by Kookwater.  EN ONTHOU – AL JOU VRIENDE KRY OOK SWAAR – ‘HULLE WEET NIE WAT ONS WEET NIE’.  Vertel hulle van Kookwater se lekker specials.

Passievolle VUURWARM Groete

Frans Baby Bel

VERTEL VIR JOU VRIENDE – HULLE WEET NIE WAT ONS WEET NIE. Geluk Driekis.

kookwater kompeisie
Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.