Nou raak die paaartie rof

Posted on

Nou raak die paaartie rof.  (As jy dalk nie Maandag se nuusbrief gelees het nie – Daai Kookwater Winkel in Newton raak 2 jaar oud en ons VIER HEELWEEK FEES) Die eerste 2 dae se laeprysprodukte was taamlik gewild, maar die voorraad hou nog.  Ons moet nog ‘n paar lekker produkte bysit om die week darem die moeite werd te maak.  (Ons wil nie he die mense moet dink dat kos duurder raak nie).  BY KOOKWATER DAAL DIE PRYSE PAPPIE.  

JY IS ‘N KOOKWATER KASTERMER en dis tyd dat jy beloon word daarvoor.  Ons gee hierdie week ‘n lisensieskyfie’sticker’ weg saam met elke aankope.  As jy nie ‘n lisensieskyfie wil vassit nie, plak dit saam met jou ‘Ek laaik Tietiesbaai’-sticker agterop jou BMW.  As die plakker dit nie vir jou doen nie, sal hierdie lekker lae pryse:

  • 3 X 35gr LINDT STAFIES vir R20.  Hello en Mint stafies.
  • LINDT SJOKOLADE ‘SLAB’ R19.50
  • Natures Valley dubbelstafies – 3 vir R10  (gesonde kosblikdinge)
  • KIRI ROOMKAASBLOKKIES  R29 (R69 elders)
  • Laughing Cow kaasdriehoekies R16.50  (nog kosblikidees)
  • Wellingtons Sweet JALAPENO sous R7.50
  • 1,2kg Kelloggs CORNFLAKES R59
  • SAFARI TRAILMIX R4.50

Die grendeltyd bring die kreatiwiteit na vore en sorg vir moeilike besluite:  Ek weet nie of ek die kinders Maandag by die skool moet gaan aflaai of in die ry by Liquor City gaan staan nie.  Ek stem vir Liquor City, want dan kan die kinders help dra.  Nog ‘n dag by die skool mis is nie iets nie. Hulle kan mos inhaal.
‘n Vriend weet te vertel die skielike koue is ‘n bewys dat Tops regmaak en solank hul yskaste aangeskakel het.   Terwyl ons nou op hierdie onderwerp is:  Ek sien home schooling kan jou tot soveel as R8000 per kind per maand kos………. of R600 as jy nie drink nie.


Geniet die laaste week van vryheid voor jy moet terug werk toe.

PartytjieGROETE en CHEERS

DAAI KOOKWATER FRANS