Neute, Kosblikke, Blomme en Koue stories

Posted on

Namakwaland blom en dis pragtig.  Maak ‘n plan om daar uit te kom.  Doen jou deel vir die boere in die droogte.  Die beste deel is dat jyself  soveel mooigoed vir jou siel kry terwyl jy ander siele in ons land ondersteun.  Dankie vir jou bydrae.   My tuin blom ook met die mooiste Gesiggies en Viooltjies.  Die uieplantjies staan sterk en DIE WATER IS GRATIS.  Dit maak my dag om die pragtige blomme te sien.  Sit kleur in jou tuin – R9.50 per sespak sal niemand seermaak nie.  Blomkool, Kopkool, Broccholi – Vars Groente is so verfrissend.  Die Orgidiee (3 stringe blomme vir R95) en Venus Proteas (3 vir R40) bring die mooi al van 5 uur soggens af in die huis in. Dis ‘n mooi begin vir my dag.
 
BlouwilleMaandag in die Burger het hom gister weer oortref met sy mededelings oor die koue.  Hy se dit was so koud, toe hy sy klerekas oopmaak, sien hy sy trui het sy baadjie aangetrek.  ‘n Ander ware verhaal weet hy te vertel is dat toe sy vrou die oonddeur oopmaak om te kyk of die hoendertjie al gaar is, toe trek die hoender die deur weer toe.  😁
 
DIE KINDERS IS WEER TERUG BY DIE SKOOL.  Ons het heerlike verrassings vir Ma en Pa en die kinders se kosblikke:

  • Laughing Cow kaasdriehoekies R9.50
  • Lancewood Kaassmeer R9.50 – Biltong-, Cheddar- en Goudageure.
  • 4 SESPAKKE YOGHURT vir R30.  Hou hulle gesond.
  • Bederf jouself en die kinders met heerlike PIZZAS.  Ons het  Lancewood Cheddarella (Cheddar en Mozzarella gemeng) vir R75/kg – in 2kg sakke verpak.
  • Alkoholvrye Wyn en Vonkelwyn R7.50 per bottel.  Om fees te vier dat die skole weer begin het.

Die kosblikke sal ook goed vertoon met ons wye verskeidenheid NEUTE:

  • AMANDELS R135 per kg.  Rou,  Gerooster  en Gerooster/gesout
  • Breakfast Booster R134 / kg
  • Fruit Salad Mix R134/kg
  • ‘Salted Caramel’ Amandels R155/kg,    ‘Salted Caramel Cashews’ R155/kg
  • Amandels en Rosyne R99/kg
  • Banana Chips R128/kg en Coconut Flakes R66 vir 500gr

Vir die Spyseniers, Grootmaakbakkers, Koffiewinkels, Tuisnywerhede en ander bakkers het ons ‘n paar laeprys produkte:

  • 2,5kg Lancewood ‘ Sour Cream’  vir R130
  • 5kg Lancewood ‘Smooth Cottage Cheese’ vir R160.  (gewone prys is R420).
  • Verskeie roomkase – gewoon ook R19.50.
  • Gerasperde Cheddar R75/kg.
  • AS JY IN HIERDIE KATEGORIE VAL en nog nie op ons whatsappgroep is nie, moet jy dadelik jou naam whatsapp na 084-2334 899 sodat jy eerste kan uitvind van hierdie tipe ‘specials’.

Ons het ook ‘n whatsappgroep vir Grootmaataankopers – winkels, huiswinkels, snoepies, ens.  Onthou jy kry 10% ekstra gratis met enige aankope van R4000 of meer.  Dit dek maklik jou petrolgeld as jy ver moet ry om die lekker pryse te kry.  Kry sommer ‘n paar bestellings van jou vriende en ry deur.  Ons wag vir jou.
 
Mag hierdie einde van die maand vol opwinding wees.  Mag jou beursie net so lekker glimlag soos jy.  Skiet ‘n vonkelwynprop af en geniet die lewe.
 
Blommegroete
Gesiggie Rossouw