Mozzarella en flou verskonings

Posted on

Dis einde van die maand, m.a.w die begin van ‘n nuwe maand.  Die perfekte tyd om weer jou situasie in oënskou te neem.  Is jy besig om te doen wat jy nog altyd wou doen?  Doen jy nog jou beplanning of het jy al lankal verval in ‘n die groef van almal is teen my, ek sal tog nooit my vrot mikpunte behaal nie?  Dis so maklik om jouself jammer te kry en verskonings te kry hoekom jy niks kan regkry nie.  ‘Skuimkop’ in die Burger het dit (en die Proteas se situasie) so mooi opgesom.  Hy se almal soek verskonings – soos sy Pa altyd gese het: “As die hond nie besig was om sy besigheid agter die bos te doen nie, het hy die haas gevang”. Hou op met die Martie Martelgat benadering en begin nou beplan aan die dinge wat jy nog altyd graag wou bereik.  

Ons het ongelooflike lae pryse op ‘n wye verskeidenheid produkte.  Begin bespaar op jou daaglikse kos uitgawes en gebruik die geld wat jy spaar om te begin geld wegsit vir jou droom;

  • MOZZARELLA kaas R49.90 per kg.  Hierdie een is vir die ouens wat die gerasperde kaas (se prys) mis en vir die Pizza geesdriftiges.  Dis vakansie – maak Pizzas in die oond saam met die kinders. 
  • Laughing Cow kaasdriehoekies R15.  Heerlik vir die kosblikke.  
  • Bederf jouself en jou wederhelf met ‘n lekker Kaasbord (terwyl julle planne maak vir ‘n interessante lewe: Matured cheddar, gewone Cheddar, Gouda en Wit Gouda – almal net R69 per kg.  Camembert, Brie, Bloukaas, Roomkaas – almal slegs R14.50.
  • Groentes en vrugtes: Murgpampoentjies (Baby Marrows) en Jalapeno rissies – slegs R18 per kg, 4 “Ripe & Ready” Avo’s vir R10, Vars Bloubessies R12.50 per bakkie.  Al die groentes is so lekker, gesond en goedkoop – Jy moet dit eenvoudig geniet.
  • KOFFIEKAPSULES EN HOT CHOCOLATE KAPSULES nou weer in voorraad.  R19.50 vir 10. Verskeie soorte.  Ook Rooibostee espresso kapsules.
  • Heeltemal nuut: Laminate Cleaner R24.50,  Citronella Lampolie R24.50, 

Soooo – los nou daai ‘almal-slaan-die-hond-, moer-my-ek-is-‘n-weeskind’-houding en BEGIN MET DIE LEKKER DEEL VAN DIE RES VAN JOU LEWE: die BEPLANNING.  

Toekomsgroete

Geen-verskoning-Frans (altyd besig met ‘besigheid’)