MOEDERSDAG DINGE

Posted on

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder en ‘n moeder sonder Tjoklits en blomme?  As dit nie was vir die moeders nie, sou my figuur al weke gelede afgeplat het (soos die kurwe moes doen). Die moeders het mooi na ons gekyk en baie nonsens opgevreet.  Dis tyd om hulle te bederf:

  • PROTEAS 3 vir R20.  Pragtige Susara en Nairobi proteas.  Moenie wag vir Sondag nie.  Maak sommer vandag al die huis mooier.  Die blomme hou laaaaank.  Ons het ook Blush teen 3 vir R10 om die blomme mooi af te rond.
  • SJOKOLADES: LINDT EN MERCI vir R25.  Hierdie is ‘n hartewenner. Se dankie in Frans (merci).   Ons Macarones van Yummi Chef (R15) smelt ook harte.
  • Groente- en Blomplantjies R9.50 per sespak.  ‘n Mooi tuin – met kos en kleur – raak enige hartsnaar.
  • BILTONG – nie alle dames is blommemeisies nie.  Party is BILTONGMEISIES.  Ons help graag.
  • ROSE.  Ons kry Vrydag en Saterdag ROSE in.  Dit sal pragtig wees.  Kom ondersteun ons plaaslike roosplaas.

Wat jy ookal Sondag doen, sorg dat daar genoeg bederfies vir moeder is…..  die ‘lockdown’ gaan nog laaaank aanhou.

Blomgroete of moet ek liewer se

Merci aan die moeders

Frans

Vir die Mammas