Lindt Sjokolades en visse in die see

Ek hoor die naweek hierdie 2 skerp waarhede (wyshede) by my studentekinders;Daar is baie visse in die see, maar weet jy….daar is ook ‘n klomp GEMORS

Vir die wiskundiges:  My Girlfriend is like the square root of -100….A solid 10, but also imaginary. 

Die Bokke se verrassing was seer aangenaam.  Ek sien nou sommer weer uit na die wereldbeker en natuurlik Saterdag se wedstryd.  Ons het lekker goedjies vir die wedstryd se kaasbord:

  • Camembert en Brie R14.50
  • Roomkaas R14.50
  • Maaskaas vir daai lekker doopsous R14.50
  • Braaipap R9.50
  • Fetakaas virrie slaai.

Die lekkerste lekker die week is virrie soettanne:  Ons het Lindt sjokolade teen R19.50.  Ek sien die pryse begin by R45 in ander winkels.  
Die Lente is hier.  As die reen bietjie ophou, kan die proteas weer gepluk word.  Kom kyk vanmiddag vir ons nuutste oes.  Die gesiggies en grasangeliere is ook weer beskikbaar.  ‘n Mens kan nie anders as om kleur in jou tuin te plant nie.  Die water (reen) is gratis en die R8.50 per sespak is ook eintlik gratis.
Geniet die heerlike lenteweer, die Bokke se rugby en die mooi visse in die see (as jy nog ‘n student is).
Grasgroen GroeteBokFrans