Lindt KOMPETSIE en Lenteblommetjies

Foto geneem deur Johan Dempers van www.fotokursus.com

As dit pap reen moet jy skep – of LINDT sjokolades in ons geval.  Verlede week se ‘Die Ou Verjaar’ pryse was so gewild, dat ons besluit het om die prysfees met nog ‘n week of so te verleng.  Soos my ou vroutjie graag se: TE VEEL VAN ‘N GOEIE DING IS WONDERLIK.
Kyk gerus op die pryslys wat aangeheg is vir die lekker pryse.  Ons het nog ‘n wenner of twee bygevoeg:

  • Lindt balletjies – R48  (R120 elders)
  • Blomplantjies – Gesiggies (Pansies) en Grasangeliere R9.50 per sespak – pragtige kleure.  Die lente is hier. Die reen is hier.  Laat jou tuin vroliker lyk.  (ek sien hierdie selfde plantjies is tans beskikbaar teen R24.50 per sespak – op promosie by die groot kwekerye)
  • Coco Pops R28.50 per boks
  • Spieels – 1,8m x 1m   R350 by Daai Kookwater Winkel in Newton. Ideaal vir jou haarsalon, gimnasium, skoolbadkamers of sommer jou eie badkamer.  

Die lentegevoel maak iets in my wakker (dis nou nie dieselfde iets wat wakker word in die mannetjieskilpad hier in die tuin na sy winterslapie nie).  Dis sommer ‘n gevoel om iets weg te gee.  Dit werk so:  Met enige aankope in ons winkels, moet jy jou naam, telefoonnommer en eposadres op jou strokie skryf en in die doos gooi.  Op 8 September trek ons 1 gelukkige wenner in elke winkel.  Die 2 wenners sal dan elkeen R500 se sjokolades of enige ander produkte in die winkel wen.
Doen jou goeie daad vir die dag: Die personeel in die winkels wen ‘n Waterfront uitstappie met etes en flieks, ens as hulle teen 8 September 400 eposadresse per winkel kan kry van mense vir wie ons weekliks hierdie nuusbrief kan stuur.  Moenie altyd die goeie nuus net vir jouself hou nie.  Gee jou vriende/vriendinne se eposadresse vir die dames in die winkel.  Jou vriende (en die dames in die winkel) sal jou ewig dankbaar wees.
As jy weet van All Pay begunstigdes of pensioenarisse wat naby Daai Kookwater Winkel in Newton bly, versprei asseblief die woord:  Met elke All Pay deel ons iets lekkers uit vir hulle.  Hierdie Vrydag, 30 Augustus tussen 9 en 11uur in die oggend deel ons lekker tee en Scones uit.  DIS GRATIS.  My vroutjie en skoonma bak al van gister af om die 200 scones gereed te kry.  Dis net by Daai Kookwater Winkel en dis vrek lekker.  Versprei asseblief die goeie boodskap.


Genoeg vir een week.
Lentegroete

Gesiggie Rossouw

aka ou Pansie (beslis nie ou pensie nie)