LINDT en Kaas

Posted on

So ons mag nie meer Biltong verkoop nie (grendeltydreels), so die naam moet verander na Kookwater Lindt en Kaas of Kookwater Waterblommetjies en Kaas of so iets. Ons het hierdie week ‘n paar planne met die kookidees:

  • Wie se mens moet jou poeding laaste eet.  Ons begin by die nagereg.  Behalwe daai 15 pakkies poeding vir R10 het ons nou LINDT SJOKOLADES ingekry vir R25. Dis 100gr Dark Coconut Intense.  Ons het ook net die ding vir daai dankiese wat jy al lankal moes doen.  100gr MERCI sjokolade vir R25.  Pragtige verpakking en heerlik.  Se dankie in Frans.
  • Macarones (soetgoed) van Yummi Chef vir R15  (R30+ elders)
  • ‘n Kaasbord kan ook ‘n hoofgereg wees. Veral as die verskeidenheid kase so groot is soos by ons:  Mature Edam R65 /kg, Wit Cheddar R65/kg, Verouderde Gouda R65/kg.  Mild Mature Cheddar R85/kg, Camembert en Brie R16.50, Maaskaas (Cottage ch) vir daai Avokadodoopsous.  Kaassmeer R15.50.  Kaassborde moet ook ‘n soetigheidjie he soos ons Makataanstukke (waatlemoen) en soutbeskuitjies soos ons Cracker Mix teen R16.50.
  • Waterblommetjiebredie.  Ons het vars Waterblomme teen R60 per kg.  Die res van die boland het nog nie eers begin plant nie.  Natuurlik sal ‘n boontjiebredie ook lekker wees – vars groenbone teen R30 per kg.
  • Avokadopeer toebroodjies.  ‘n Wenner vir enige ete.  3 “ripe & ready’ avos vir R10. Ek is mal oor Jimmy’s se sout saam met die avo’s: 200gr vir R19.50.
  • PIZZAS:  Ons het gerasperde MOZZARELLA kaas teen R130 vir TWEE KG. Gebruik sommer ons wraps (R18 vir 10) as basis as dit dan nou moet.  (moenie se ek het gese wraps werk goed vir ‘n pizzabasis nie – ek dink dit doen nie, maar ek moet op ‘n manier vir jou se van die goedkoop wraps)
  • ‘n Branderige ete:  Jalapeno’s, Thai Rissies, Cayene Rissies en Habarneros teen R11 per kg.  Sit sommer 3 eiervrugte ook by vir R11.
  • Jimmy’s Souse 375ml vir R9.50 – Salad Dressing,  Sweet Mustard en Chip & Burger sous.
  • Braai alles lekker met ons Klapperolie teen R12 vir 500ml.
  • Sluk dit af met Soda Water (R4.50 per liter) of Pienk Tonic Water (R6.50 per liter) of Dry Lemon (R6.50 per liter)

Daar is nog verskeie ander heerlike produkte op die pryslys wat aangeheg is.  Kyk gerus – jy het mos nou baie tyd.

Met die baie kwaliteittyd wat die vroue nou met hul mans spandeer, raak dit soms bietjie erg vir die dames.  Ek hoor Amore op RSG kry heelwat navrae oor waar Jolene is.  Dis nou die vrou wat Dollie Parton van sing:  “Jolene, Jolene, Please don’t take my man.”  Die dames vra blykbaar waar is Jolene as ‘n mens haar nodig het   Kom vat my man!!!!  Ek is nou moeg vir hom.

Dankie vir almal wat help om hulp te verskaf aan die minderbevoorregtes.  Die ACVV verskaf kospakkies aan verskeie mense in die dorp.  By Kookwater is daar ook ‘n boks wat ons graag weekliks wil vul met produkte.  Kom help asseblief om te help.  Dis ons beskeie bydrae.  Dankie ook vir die vele tydskrifte wat ons ontvang het.  Bring asseblief nog.

Vanaf Maandag 27 April sal Kookwater elke Maandag van 8 tot 9 slegs vir bejaardes (60 jaar en ouer) oop wees.  9 uur is ons weer oop vir die ‘Bree’ publiek.  Help ons asseblief om ons bejaardes veilig te hou.  Vir die sensitiewes oor 60plussers nou bejaardes geraak het, se net dankie vir die rustige koopsessie by Kookwater.  

As ek so na al die ‘kenners’ luister oor die Pandemie, laat dit my dink aan die staaltjie: ‘n Pa vertel sy seun van die wyse man Plato wat gese het:  “Al wat ek weet is dat ek niks weet nie”.  Seun: Pa, hoe het hy dit geweet?”.  Pa (na ‘n rukkie): “Sy vrou het hom seker gese”.

Sjokolade Groete

Plato Rossouw

NS. Ek weet nie eintlik iets nie, maar ek weet ons moet die humor behou.  Moenie moed op gee nie.  Solank ons planne net nie opraak nie, sal ons reg wees.