Lenteverrassings en ‘mild mature Cheddar’

Lente is net nie dieselfde met ‘n vaal tuin nie of ‘n groen woestyn soos vriend Basie daar van Garies af se nie.  Ons gesiggies en grasangeliere (R9.50 per sespak) is meer as mans genoeg om uitbundige kleur in jou tuin te sit.  (ek sien een van die groot kwekerye daar in die Kaap het hulle nou op ‘special’ teen R24.50). Bring sommer die kleur in jou huis in ook met ons pragtige oranje speldekussings teen slegs R4 elk of R15 vir 5.

Die lente bring sommer weer die lus vir gesonde dinge na vore.  Ons help graag met die heerlikste sappe teen R7.80 per liter en ook Fruitree – 6 blikkies vir R25 en Liqui Fruit – 6 glasbottels of 6 blikkies vir R25.  Ons het ook 1,25 liter Liqui Fruit bottels Appelsap en Cranberry cooler (albei ‘sparkling’) teen slegs R15.  Die Fruitree Super Fruit konsentraat (een liter maak 5 liter) is ook weer in 4 geure beskikbaar vir R18 elk.
Die sjokoliste onder ons gaan nog groot.  Die voorraad is weer aangevul en jy kan na hartelus kom baljaar onder die R19.50 ‘slab’ Lindt sjokolades.  Daar is ook ander sjokolade balletjies en stafies.  Ware vriende troos mekaar met Lindt. Onthou gerus hierdie feite:

  • Sjokolade is vir dames wat ‘duct tape’ vir mans is – dit maak alles reg.
  • I could give up chocolate, but I’m no quitter.
  • Geld kan nie geluk koop nie, maar dit kan Lindt koop…en dis dieselfde ding

Namens die dames in die winkel wil ek net baie dankie se aan al die vrygewiges wat hul eposadresse en vriende se eposadresse met ons gedeel het.  Kookwater Biltong en Kaas in Wellington se meisies het hul mikpunt van 400 eposadresse gehaal en word beloon met ‘n Waterfront uitstappie eerskomende Saterdag – fliek en eet en rondloop.  Daai Kookwater Winkel in Newton se meisies kort nog 40 eposadresse om hul mikpunt te haal.  Help asseblief – hulle verdien ook ‘n uitstappie. Ons manier van dankie se is mos met iets lekkers teen ‘n lekker prys:
MILD MATURE CHEDDAR – nou net R75 per kg.

Nog ‘n dankie se geleentheid is dat elke aankope by enige van ons winkels jou laat kwalifiseer vir ‘n trekking in die R500 se produk trekking na Saterdag.  Skryf net jou besonderhede op jou strokie en gooi dit in die doos.  Geniet dit en nogmaals dankie.  

Neem asseblief kennis dat albei winkels Saterdag om 4nm sluit.  Ons gaan spanbou in die Waterfront.
Ek sluit af met die mooi enetjie wat ek by die studente hoor:  Your girl is ‘n sexy butterface……    Very sexy, but her face…

Kleurvolle lentegroete

Frans Butterface

aka gesiggie Rossouw