Langnaweekwenners

Posted on
Kid smoking a sigar

As jy sien die Vryheidsfrontplus het die hele kabinet oorgeneem, die Springbokke is weer nommer 1 in die wereld, petrol kos weer R1.20 per liter, Biltong word die naweek gratis by jou huis afgelewer en die vis byt weer….. moet jy weet die dagga wat jy rook is uitvoergehalte. 
Dis alweer vakansie – so ‘n langnaweek tel mos maklik vir ‘n vakansie.   Soos met enige vakansie, le die sukses daarvan in die beplanning.  Ons help graag:

  • Maak erens die naweek ‘n lekker waterblommetjiepot.  Ons het pragtige groot waterblommetjies teen R49.50 per kg.  Hier rond het die boere nog nie eers begin waterblommetjies plant nie. (beindruk jou vriende)
  • Maak erens ‘n lekker ‘sundowner’-kaasbord en geniet dit saaam met ‘n paar lekker pelle: Bloukaas R14.50, Camembert R14.50 (Forest Hill), Roomkaas R14.50, Maaskaas R15.50 (vir ‘n lekker avokadodoopsous – avo’s 4 vir R20)
  • Koekmaaktyd vir die kinders: 1,5 minute in die mikrogolf in ‘n koppie. 4 koekiekoppies vir R6.  Rond dit af met ons heerlike Parmalat vla – R16.50 per liter.
  • Burgers bly maar ‘n wenner vir min moeite vir ma.  Ons het kaas’slices’ vir R15.50 vir 10 of 90 vir R99.  Hierdie grootmaatprys (R1.10 elk) word nie elke dag gesien nie.  Natuurlik kry jy nog steeds 50 tamatiesous sakkies gratis saam met elke aankope – tot na die naweek. Hamburgers het mos tamatiesous nodig.
  • Bederf die kinders ‘n bietjie met ‘n ‘name brand’ ontbytpap.  Future life pap R15 vir 500gr.  Ons het ook nou 6 soorte Nutristart pap teen R23.50 vir 500gr (R36 elders)
  • Pak gerus padkos – ryskoekies teen R7.50 (R21.99 elders) en klapper’chips’ teen R9.90.
  • 5 liter WATER teen R9.50.  Party vakansiedorpe se water kom nie naby Kookwater se lekker smaak nie.
  • Beskuit R19.50 per 500gr.  Bederf jouself met ‘n lekker koppie boeretroos en ‘n paar beskuite op jou stoep – waar jy jouself ookal bevind.  Geniet dit. terwyl jy kyk na jou pragtige bos proteas op jou tafel (R7 per steel)

Met al die ongure berigte oor ongure karakters in ons land, kyk ek nogal  graag uit vir ‘n bietjie humor.  Maandagaand se Varsitycup finaal op Stellenbosch (Maties teen Tuks) het hierdie mooi plakkaat opgelewer: ‘Tukkies – welkom by jul eerste keuse universiteit’.  Ek sien ook hierdie mooi Whatsapp wat ‘n ou vir sy vrou stuur:  Jammer ek is nog nie by die huis nie my vrou.  Ek is in die kroeg en ons het ‘n kompetisie wie die oulikste vrou in die land het.  Ek is deur na die finals toe!  Sien jou later my lief.  Dis soos ‘n man dit moet doen.  Hierdie boodskappe kan partykeer verkeerdloop.  My vrou stuur vir my ‘n whatsapp “lief vir jou xxx”.  Ek stuur toe terug: ” En ek vir jou liefie”   Sy stuur toe weer:”Dit sal vir my baie beteken as jy ‘n paar x’e agteraan die boodskap sit”  en ek stuur toe terug: ” met liefde Marie, Sarie, Susan, Rene en Suzi”.  Nou is sy dikbek.  Ek verstaan nie vroumense nie.
Daar is genoeg tyd om bietjie te dink oor dinge die naweek.  Dink bietjie hieroor:Eendag lank, lank gelede is my oupa oorlede, maar dit was reg, want HY WAS OUD.Jare daarna is my Pa ook oorlede, maar op ‘n manier was dit ook maar reg, want Hy wat ook oud.   Nou, het ons al vriende verloor, en ons is verstom.  Hulle was dan so jonk.  Stadig, maar seker begin die werklikheid soos yskoue water in jou murg intrek.  My oupa wat twee en sestig.  My pa was vyf en sestig.  Ja, dis waarnatoe ons op pad is… Sommige van ons is al selfs daar verby.  

Saans sit ek rustig en luister na die krieke en kyk na die sterre.  Soms neem ‘n vreemde emosie van my besit.  Ek wil huil oor die jare wat verby is.  Ek wil jubel oor die tye wat kom.My Vriend.  Tel elke dag jou manna op.  Drink elke dag die water wat Hy vir jou uit die rots uit gee… en LEEF DANKBAAR:.  Voluit!  Aanhoudend!   Huil korstondig oor die hartseer in die lewe.  Doen dan OPGEWONDE die dinge wat die Here nog wil he jy moet doen.  Treur oor hulle wat weg is… maar DOEN MEER MOEITE met hulle wat nog hier is.  Gaan dien die Here en geniet jou laaste paar jare saam met jou geliefdes.  Mooi loop.
Ry asseblief veilig – ons kan doen met ‘n bietjie positiewe nuus volgende Dinsdag in die koerant – geen sterftes op ons paaie die paasnaweek.  Vir die wat – net soos ek – bietjie tuis bly, onthou:  Ons is alle vakansiedae oop van 8 tot 5.  (nog steeds bottoe op Sondae)

Mag jy ‘n geseende ruskans saam met jou geliefdes he.
GroeteFrancois