Laktosevrye melk en wyshede

Ek hoor hierdie noodkreet daar uit Stellenbosch:”Klein Saterdag roep my, maar dis OK – my bankrekening SKREE terug.”   Vir die politici en korruptes sal hierdie een waar wees:  ‘n Skoon gewete is ‘n teken van ‘n swak geheue.

In hierdie tye van korruptes en skelms is dit goed om die humor te behou.  ‘n Vriend laat weet my dat hy weet dat ‘n mens ouer mense moet respekteer, maar dit raak al hoe moeiliker om hulle op te spoor op sy ouderdom.   ‘n Ander (moedelose) ou laat weet: Hy het nog so 2 diete oor in hom voor hy hom aan dagga gaan oorgee.

Kookwater se humor is daarin gelee dat jy jou slap lag vir die ander ouens en vrouens wat so duur betaal vir dieselfde produkte as wat jy by Kookwater kry teen weggee pryse.

  • Laktosevrye Melk R6 per liter (beperkte voorraad)
  • Melrose kaassmeer R19.50 vir 250gr
  • Helderberg Ertjies R6.50 per blik
  • Liquifruit sappies 6.x 160ml vir R20
  • Steri Stumpies 6 x 200ml vir R24
  • Beskuit R19.50 vir 500gr
  • Avokadopere R20 vir 5
  •  750ml ‘sportscap’ water vir R3.50 (350ml vir R2.50)  Perfek vir Snoepies, sportsdae

Hou die blink kant bo.

Positiewe Groete

Francois