Kriminele, Slette en Chuck Norris – ȎWSIM

Posted on

Die ouens wat weet se dat die gemoedstoestand van ‘n nasie weergegee word in die nuwe woorde wat in sy woordeboeke opgeneem word.  In daai geval gaan dit goed met Suid Afrika. Die woord wat ‘n jaar of twee gelede in die HAT opgeneem is, is NAAIS.  Beslis effens anglisisties, maar dis ‘n NAAIS woord.  (Dis Naais as die Bokke die Japanese oprol).

Die woord wat vanjaar opgeneem is, is ȎWSIM.  (Dit sal ȎWSIM wees as die Bokke die wereldbeker verower).  As hierdie 2 woorde ‘n aanduiding is van  hoe ons land se mense voel, is daar beslis hoop vir die land. (Tot sover dan Kookwater se SONA – state of the nation).

Die ȎWSIM lae pryse die week is:

  • YOGHURT – 12 bakkies yoghurt teen slegs R9.90.  Moenie Vrydag nog hiervan kom soek nie – dit sal vlieg van die rakke af.  Ons het net 240 sakke van hierdie belaglike prys beskikbaar.  Dan is ons weer terug op ons gewone NAAIS prys van R18.50 vir 12.
  • AVO’S. 5 vir R10!!. Ons het nou lekker vars ‘ripe and ready’ avokadopere ingekry.  (maak ‘n Avo-doopsous met ons maaskaas)
  • 5 soorte RISSIES. R5.50 per bakkie: Jalapeno’s, Habarnero’s, Thai, Cayene en Serrano.  Dis vir die ouens en vrouens wat wil Detox.  Die outjies brand jou skoon van binne.  Soos ‘n mooi ‘getune-de’ Ford, sal jou ekzos wit brand.
  • BOURSIN KAAS – R19.50 . Van die oorspronklike 1200 is nog net 500 oor. Die kaasborde vir die rugby kan iets hiermee uit te waai he, of dalk die prys (dit kos R49.99 elders). Dis besonder lekker en ‘n moet vir jou kaasbord.
  • Daar is nog ander heerlike verrassings op die pryslys – kyk gerus na die 5 liter water en moerbeie en vele meer.

Om aan te sluit by ons opskrif bo aan die epos, deel ek graag hierdie een met julle:

Hier is ‘n toets vir jou morele standaarde:  Watter van die volgende name lui nie ‘n klokkie nie: 1.  Robert Mugabe,  2. Julius Malema, 3. Monica Lewinski, 4. Jorge Mario Bergoglio, 5. Schabir Shaik, 6. Tiger Woods.   Bietjie gesukkel met no. 4 ne?.  Tipies!.  Ken al die skelms en slette, maar jy weet nie wie die pous is nie.

Dis Vrydag die 25ste.  Vasbyt, jy is amper daar.  Daar is ander mense wat ook sukkel om die einde van die maand te haal (veral die wat nie by Kookwater koop nie).  Ek hoor die ene onlangs:  Right!, My huur is betaal.  Nou het ek darem ‘n plek om te vrek van die honger.  (Eina……. SONA?)

Ek moet darem iets oor die Bokke ook se, want hulle bepaal die gemoedstoestand van ons land – veral as hulle die KOPPIE huistoe bring.  Ek hoor een van die vrae wat aan Eben Etzebeth gevra is by die MRK is:  Ons hoor Chuck Norris wil met jou baklei.  Sy antwoord:  Ek ken haar nie eers nie.

Sondag is ons tweede wedstryd teen manne in rooi.  Die rooi kol Japanese het dit nie oorleef nie en die Rooi Drake van Walles gaan ook met rooi gesigte daar wegstap.  Vat hulle Bokke. Dit gaan ȎWSIM wees as julle die KOPPIE huistoe bring.

Grasgroen Groete

Bokmal Frans

aka die Naais ou wat vir (en op) die ȎWSIM Bokke skree.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *