Kosblik idees en GRATIS GOED

Posted on
Tuxedo-Cheese

Baie baie dankie vir die ondersteuning met die 18 ton yoghurt wat ons in 2 weke verkoop het.  Ja, ek weet die prys was lekker laag, maar nogtans.  So, om dankie te se vir die ondersteuning, gee ons lemmetjies (suurlemoene) GRATIS weg.  Saam met elke aankope kan jy ‘n plastiek sakkie suurlemoene kry. As jy mooi vra, kan jy twee kry.  Wat maak mens met lemmetjies? Die enigste beperking is jou kreatiwiteit: Lekker sap oor jou vis, Jy gooi dit oor die Avo’s sodat dit nie bruin raak nie. Bak ‘n Lemon Meringue tert of tien. Ek het gehoor dat jy Suurlemoensap, knoffel, Boegoewater en nog ‘n paar goed meng om te verseker dat die verkouekieme (en ‘n paar naby vriende) die pad vat.  ‘n Man daar in Newton wys my die sakkie Rooibostee en die sakkie lemmetjies – hy maak heerlike suurlemoentee.  Kom haal jou lemmetjies en geniet dit.  Jy sal nie sommer ‘n beter prys kry nie. 

 

Ek stap gister met die idee van kosblikke deur die winkel  Ek het gedink ek sal darem seker so 4 of 5 idees kry.  Groot was my verbasing.  Kyk bietjie hier:

  • YOGHURT:  100g NUTRIDAY JUNIOR  (drinking yoghurt) – 4 vir R20.Lekker gesond ook.  150g POWER CUP Yoghurt 3 vir R10.
  • GESONDE LEKKERNYE: Heerlike Bloedrooi Appels – R12 per sakkie.  Avo’s vir daai Avo-toebie. 3 kleintjies vir R10 of ‘n boks grotes vir R65.  Almal is ‘Ripe & Ready’.  Terwyl ons op die Toebroodjie onderwerp is, Kookwater kry daagliks vars Bokomo brood in – R14 per brood. Wit en Bruin.
  • LEKKERGOED:3 PS sjokolades vir R10 (skryf ‘n mooi boodskappie op die sjokolade), 3 Alibi Max Sjokolades vir R15, Pragtige Barbie en ander Character stokkielekkers, 3 pakke Long Chips vir R25,
  • DRINKGOED: 200ML LASSIE ‘SAPPIE’ R3.    300ml Blikkies Twizza Koeldrank – Cream Soda en Gemmerbier R6.50.
  • KOUE VLEISE:  Regte vleis (nie ‘polony)  Spiced Beef, Salami, Gypsy Ham, Silverside.   Absoluut heerlik op daai R14 brood se toebroodjies.
  • VRUGTEKELKIES.  ONS HOU DIE BESTE VIR LAASTE.  ‘Fruit cups’ 4 vir R10.  Dis heerlik – perske.

KAAS IS BAAS BY KOOKWATER:

  • GERASPERDE CHEDDAR R95 per kg.
  • Gerasperde GOUDA R75 vir R750g.
  • Blokkies WIT CHEDDAR R95 per kg.
  • Brie R18.50
  • Mozzarella blokkies R79 per kg. Beperkte voorraad
  • Gerookte Mozzarella R95 per kg. Beperkte voorraad

WERKGEWER AAN DAME:  ‘Ons is op soek na iemand wat  6 mans se werk kan doen.’   DAME: “Dis jammer, Ek was eintlik op soek na ‘n voltydse werk.”

 

As jy gaan stem op 29 Mei, sit sommer jou CV ook in daai boks, want onthou, almal belowe ons mos werk.

 

WAARSKUWING OP HEINING:  You would be better off sandpapering a lions ass in a pair of pork chop panties, than being caught on the other side of this fence.

 

Om gewild op sosiale media te wees is omtrent dieselfde ding as om ryk in Monopoly te wees.

 

Kom haal jou Lemmetjies en verras jou kinder (en jou ou wederhelf) met ‘n lekker kosblik.  Vir die teedrinkers soos ek – kom kyk daai heerlike organiese Rooibostee wat ons in die winkel het – in mooi verpakkings, in foelie en selfs ‘sticks’.  Die sticks is sakkies poeiertee of kitstee vir R1.70.  Gooi net water, melk en suiker by.  Heerlik.

 

Lemmetjie skerp groete

Suurgat Rossouw

NS :  Aandete gisteraand was heerlike gekookte PATATS van Kookwater.  Hemels

 

Deel bietjie jou lekker resepte met ons en wen ‘n lekker prys. Jou lekker resep sal ‘n glimlag op baie gesiggies laat en die prys sal jou gesiggie ook ophelder.

Kompetisie - Competition