Kookwater WENKE VIR ONGETROUDES. (Dis gratis)

Posted on

Hierdie heerlike sonskyndae bring weer ‘n lus vir die lewe terug tussen al die vrese vir die virus.  Die eerste geel van die Canolalande begin nou ook pragtig kop uitsteek.  Die heerlike weer  laat my sommer lus voel vir woel in die tuin – Ons Madeliefiebossie (Daisiebosse) teen R20 en die blomkool, kopkool, broccoli en radyse help graag om die tuinlus uit te woed.  Die pragtige Orgidiee (2 stringe vir R100) en Proteas (R10 elk) bring ook die mooi in my huis in.

Dis heerlik om te sien hoe mense nie stil sit en kerm en kla oor hul omstandighede nie, maar iets doen daaraan.   Ek sien Sondag Mari Carstens adverteer op 2nd Wow Wellington dat sy poedings, pannekoeke en brood bak en verkoop.  Ons het dadelik gereageer en die 10 pannekoeke was heerlik.  Die Sjokoladepoeding (R60) was ook iets besonders.  Kontak haar gerus op 079 1122 365. Jy sal nie spyt wees nie.    Ondersteun ook gerus die Viking Chilli Paste wat Johan en Muldene (wat ons nuusbrief mooimaak en uitstuur) maak.  Die nuutste toevoeging tot ons winkel is die eiers van Vrylopende Hoenders (R18 vir 6). Ek is mal oor al ons Entrepreneurs – ondersteun hulle gerus. LOCAL IS LEKKA.  Koop plaaslik, dan bly jou geld net hiesa.

Ons het heerlike nuwe verrassings in die winkel

  • WALKER BAY SPESERYE:  Braaisout R21, 50gr pakkies R5, 200gr Shakers R15 en R12.  Dis halfprys van ander winkels.
  • Gerasperde Wit Cheddar R75 per kg.
  • KIRI Dip & Crunch R17 vir 8 bakkies.  Hierdie is ideaal vir die kosblikke en vrek lekker.  Dis nou behalwe dat dit ‘n kwart van die prys is wat ander winkels vra (hulle vra R34 vir 4 bakkies). Geniet dit.  Dit sal nie meer lank hou nie.
  • Steri Stumpies R7.50 vir 250ml Sjokolade botteltjie.  Nog ‘n kosblik wenner.
  • Amandelmeel R45 per kg.  
  • AMANDELMELK R15.50 per liter.  Ek hoor hierdie is taamlik duur elders – seker omdat dit nogal moeilik is om ‘n amandel te melk.
  • Die Starbucks koffiekapsules vlieg van die rakke af (R35 vir 10).  Die geur is Columbia – sterkte is 8.  Baie gewild. Gouspring.
  • Soleo Sweet Stixels – R4.50 Sjokolade en Yoghurt geure.
  • Cheerios Honey ontbytpap 375gr R34.50
  • 500gr BEENO Honde versnaperinge R28.50
  • Lipton Tee R22.50 – 5 geure om van te kies.
  • Ons het die mooiste orgidiee ingekry (R100 vir 2 stringe)  Die enigste klagte wat ons gekry het, is dat dit te lank hou (meer as 3 weke).

RSG het Maandag die luisteraars gevra om slagspreuke en gesegdes in te stuur – soos hulle dit aangepas het: ‘n Paar mooies en wyses het te voorskyn gekom: 

  • Die man is die hoof van die huis, maar die vrou is die nek.  Sy draai hom net soos sy wil.  
  • Beggars are indeed choosers.
  • Hou op om vir jou kinders te koop wat jy nie gehad het nie.  Leer hulle liewer wat jy nie geweet het nie.
  • Rome is nie in een dag gebou nie – OMDAT EK NIE DIE VOORMAN WAS NIE.
  • HIERDIE EEN VIR DIE ONGETROUDES:  My oom, Edwin Theron, was vir baie jare die predikant in Albertinia.  Hy het altyd hierdie wyse raad gegee vir die jeug:  MOENIE TROU VIR GELD NIE, maar vry onder die rykes – jy sal lief raak vir een.

Geniet die heerlike weer en volg die wyse raad hierbo.
Daisiegroete

Blomkool Rossouw (Ek is nie min trots op my blomkole wat so mooi groei nie)