Kookwater Waterblommetjies

Posted on

Rhodes Quality Photo

In die lente moet ‘n winkel mos blom en fokus op lekker vars gesonde groentes.  Ons doen daai. Kyk bietjie hier:

  • Waterblommetjies R45 per kg of R25 per bakkie
  • Gesiggies R9,50 per sespak.  Die prentjies en kleure betower my elke dag
  • Geel/oranje speldekussings R3 per blom
  • Bloubessies R12.50 per bakkie (of gevries R45 per kg)
  • Murgpampoentjies, Babaskorsies, Eiervrug, Vlapampoentjies – almal R12.50 per KG
  • Heerlike naartjies en lemoene
  • Rhodes Sappies vir die kosblikke R19.50 per sespak

Ek voel bietjie skuldig dat ons so ‘n week of 3 gelede uit kaas uit geraak het, m.a.w. Kookwater Biltong en alles behalwe kaas.  Ons is bereid om jammer te se met ‘n lekker lae prys of ses:

  • GOUDA kaas R65 per kg.  (NET TOT SATERDAG)
  • Mild Matured Cheddar R75 per kg
  • Gerasperde Cheddar R75 per kg
  • Feta Kaas R29.50 per 400gr (peperkorrels en gewoon)
  • Camembert, Brie, Bloukaas R14.50
  • Roomkaas R14.50
  • Lancewood Drinking Yoghurt R8.90

Ons het ‘n hele klomp nuwe produkte ingekry:

  • Koo Pitmielies R9.50
  • Italiaanse Mafalda Pasta R5
  • Chippie Dippie R11.50
  • All Gold Hot & Spicy Tamatiesous R17.50
  • Beskuit vir R16.50
  • Himalayan Pienk Sout R18.50 en vele meer.

Mag die reen nog lekker val, mag jou tuin se gesiggies so vrolik blom soos jou kinders s’n, en mag ons Lindt sjokolade tel as gesondheidskos (vir die siel)

GOUDA groete

OBK Rossouw (ou bloukaas)