Kookwater se produkte is nie tandeloos nie

Posted on

Om ‘n diens te lewer is nie altyd maklik nie, maar die mense maak dit darem baie interessant.  My suster daar op Prins Albert stuur gister vir my ‘n boodskap aan van gaste wat die naweek daar in ons gastehuis geslaap het.  Die ou se ons moet tog maar mooi kyk daar rondom en in die huis want sy oom kry sy tande nerens nie.  Daai spitbraai was blykbaar so lekker dat die oom dit eers Dinsdag agtergekom het. Daar loop nou seker ‘n skilpad erens in die karoo met ‘n groot glimlag. Snags as hy in sy dop inkruip het hy nou ‘n tanne-trelidor aan die voorkant.

By Kookwater is ons produkte en ook ons pryse beslis nie tandeloos nie.  Hulle het byt:

  • Gesnipperde HOT peppadews in ‘n 400gr was laasweek nog R18.50. Nou gee ons dit weg teen R9.90. Dit het die mooiste rooi kleur.
  • Olywe  R9.50 per sakkie.  La Valle Stuffed pimentos (R17.50 elders)
  • TURKSVYE 3 vir R10. Die voordeel daarvan om ‘n winkel te he is dat jy al die klein en op die oog af gekneusde turksvye saans kan uithaal en huistoe vat.  YSKOUE turksvye is ‘n fees.  7 elke oggend en 7 elke aand doen dit vir my.  Daai dik skil lyk partykeer nie lekker nie, maar niemand eet mos die skil nie. 
  • WIT CHEDDAR R14 VIR 225gr (R62.22 per kg).  Ons het beperkte voorraad, so gouspring.
  • Gerasperde Gouda en Cheddar van Cape Cheese R37.50 vir 500gr
  • BESKUIT R15 of R17.50 as dit in ‘n boks verpak moet wees.
  • 2 liter koeldrank R5. Die meeste ouens wat hierdie nuusbrief lees sal nie eens in hul leeftyd al so ‘n lae prys ervaar het nie.  GENIET HIERDIE TOEKA SE PRYS IN DIE HUIDIGE HITTE.

By daai Kookwater Winkel in Newton het ons gister weer ‘n verskeidenheid meubels ingekry:

  • Restaurant tafels R200
  • Eetkamer- en restaurantstoele R50
  • Skoollessenare R100
  • Sitbankies met lekker dik kussings vanaf R50.
  • Spieltafels, bedkassies, 6 laai lessenaar (R250) en vele meer.

Geniet die week, die turksvye en die lewe

Groete

Tannelose Frans

Met of sonder tande – hier is vir julle ‘n liedjie om die kleinsaterdag mee te vier.