Kookwater Pizzas, Kinder Joy, 2021 kon erger gewees het

Posted on
KOOKWATER

Jy verdien die blaaskans. Of dit nou Hentiesbaai of Gansbaai of Tietiesbaai of STENDBAAI (by die werk) is, ontspan net en geniet dit.  2021 was erg, maar dit kon erger gewees het.  Blouwillemaandag in Maandag se Burger vertel van Piet wat altyd gese het:’Dit kon erger gewees het’.  Sy vriende besluit om hom te toets.  Hulle vertel hom van Koos wat gisteraand vroeer van die myn af huis toe gekom het en sy vrou, Sarie saam met ‘n ander man betrap in die katel.  Koos neem daar en dan sy geweer en skiet vir Sarie, die ander man en homself almal morsdood.  Piet se reaksie: “Dit kon erger gewees het”.  Sy vriende vra hoe dit moontlik erger kon wees.  Piet: “As dit Woensdag gebeur het, was ek nou dood”.  2021 was erg, maar dit kon erger gewees het.  As jy nog hierdie brief lees, is jy ‘n sprekende voorbeeld daarvan dat dit erger kon wees.  

 

Dokter: “Ek het vir jou slegte nuus en baie slegte nuus.  Wat wil jy eerste hoor?”  Frans: “Laat ons maar eers die slegte nuus hoor”.  Dokter: “Jy het net 24 uur oor om te leef” .  Frans:”Wat kan dan moontlik nog slegter nuus wees as dit?” Dokter: “Ons kon jou nie gister in die hande kry nie.”     Eina..

 

Die sukses (en die genot) van ‘n lekker vakansie le in die beplanning.  Maak seker dat jy alles wat jy nodig het, saamneem.  Beplan vooraf om daardie lang rye voor Kersfees in die winkels te vermy.  Hier is ‘n paar dinge om te onthou:

  • WATER.  4 x 2liter water vir R10.  Tradisioneel is 5 liter mos die in ding vir daai water by die vakansieplek wat nie lekker smaak nie, maar ‘n 2 liter pas baie makliker in die yskas.  Kookwater het die oplossing met hierdie 2 liter winskopies.  Vat ‘n klomp.   
  • Dorslessers:  2 liter Kingsley Soda Water en Indian Tonic Water: 2 vir R10.  Fitch & Leeders: 1 liter Dry Lemon en Ginger Ale – 3 vir R20.  SAP: 4 X 200ml vanaf R48 vir 24, 1 liter R12.50, 1,5 liter R17.50 en 2 liters R22.50.    LIPTON YSTEES: 6pak blikkies R29.50, 6x500ml R36, 1,5liter R12,50 – die suikervrye Perske is my gunsteling – dis heerlik.  Ek drink al my wins op.
  • KITSRESEPTE:  PIZZAS – 3 vir R90.  Ma moet ook ‘n af aand he.  WRAPS – 3 PAKKE VIR R30 (‘n wenner op daai warm dae).  Knorr SLAAISOUSE R9.90,  JIMMY’S 750ml SOUSE  2 vir R30 of 2 x 375ml vir R15.  750gr ALL BRAN R35, AMANDELMEEL R65/kg.  3 AVO’S VIR R10
  • KINDERVERRASSINGS:  LAUGHING COW kaasdriehoekies R15, Kinder Joy eiers R9.90.  Happy Hippo R4.50.  COCO POPS TREATS R30 vir 15.  NEUTE: Ons het heerlike Amandels R155/kg,  Yoghurt Amandels R155/kg,  ‘Salted Caramel’ neute en verskeie soorte gemengde neute.  Ons pryse is nog steeds die beste.  Kyk ook ons SAFARI produkte: Mango rolle R12,50.  100gr Amandels en Luxury Nut&Fruit R19.50 of 2 vir R30.  Die gedroogde vyerolle daar uit die Karoo is ook heerlik.

Ek sal my plig versuim as ek jou nie vertel van die lekkerste ding in die winkel nie:  SWEET BITE PEPPERS – R20 per bakkie.  Geel, rooi en oranje mini Peppers.  Perfek vir enige slaai – ek eet hulle sommer net so.  Hulle het ook geen pitte in soos die tradisionele groot soetrissies nie.    

 

Wees nie bevrees nie – Kookwater is reg vir jou feesinkopies.   Ons is oop op Donderdag, 16 Desember en alle ander vakansiedae, behalwe Kersdag, Saterdag, 25 Desember.  Om ons Werkers kans te gee om saam met hul gesinne Oukersaand te geniet, sal ons Vrydag, 24 Desember sluit om 17:00.  

 

HELP ASSEBLIEF OM ONS KERSBOOMDORINGBOOM TE VERSIER:  Voor jy nou vertrek op vakansie, krap asseblief gou daar in die Garage deur laasjaar se kersboomversierings.  Ons kort BAAAAIIIIEEEE versierings om ‘n doringboom in ‘n parkie in Newton te verander in ‘n Kersboom.  Bring sommer ‘n boks of 2 na enige van ons winkels toe.  Help om bietjie kleur en vreugde in die kinders se gesiggies te sit.  Baie dankie.

 

Mag jou feestyd heerlik en rustig wees. Kookwater sal op ons pos wees om jou tyd aangenaam te maak.  Ons sal nog steeds daar wees in Januarie wanneer die ponde min raak en ons pryse nog laer as gewoonlik.  Veilig ry en veilig afskakel – al is dit by die huis soos Kookwater.

 

Feesgroete

Goeienuus Rossouw