Kookwater Kerskrag, Kaggel en Koffies

Posted on

3D kerskrag (3 kerse om die rekenaar) help darem om die oe bietjie te beskerm.  Die kaggel het ek nou net aangesteek gee darem maklik nog 2 kerskrag.  Ek sien daar ry laaaang stringe liggies oor Du Toitskloof – die tonnel is seker ook bottoe. Ek moet se laasnag was BESONDER KOUDDie getroude lewe het sy voordele.

As ek en mammie nie vannag kon lepelle nie, het jy vandag sonder ‘n nuusbrief gesit. Dis daai soort koue wat jou hier by middernag laat lig aansit om te kyk of die kombers se vervaldatum nog reg is. Gerugte wil dit he dat dit nie sonde is vir ongetroudes om in hierdie koue saam te slaap nie – dis versagtende omstandighede.

Ons pas ons pryse natuurlik aan by die weer.  Om die waarheid te se ons pryse krimp in hierdie koue.  Ek weet dat ‘n heerlike warm beker met stomende koffie verseker help (as jy krag het om water te kook), so ons het heerlike koffiepryse:

  • Jacobs koffiebone (Espresso) R69  (R91 elders)
  • KOFFIEKAPSULES R35 vir 10.  DIS STARBUCKS S’N.  Die paar honderd wat ons verlede week gehad het, het gou uitverkoop.  Ons het weer ‘n paar duisend ingekry, maar ek weet dit sal nie lank hou nie.  Mense gaar hierdie op soos toiletpapier.
  • Cafe a la Carte R25.  Hierdie voorraad raak nou min.
  • Importers 3 in 1 LATTE sakkies R33.50
  • SOPBENE R10 per kg.  Dit verkoop vinnig.  Dis rerig nie nodig om sopbene op te gaar nie. Ons kry elke Dinsdagmiddag nuwes in.  Wees geduldig.
  • Die orgidiee maak my dag elke dag as ek in die winkel inkom.  R100 vir 2 stringe blomme.  Die enigste probleem (so vertel die bloemiste my) is dat hulle te lank hou – maklik 3 weke.
  • Die beste kosblikverrassings die week is beslis die KIRI Dip & Crunch. Gewone prys is R34 vir 4 bakkies.  Ons prys is R17 vir 8 bakkies.  Dis ‘n kwart van die prys!  Gouspring – ons het net 1500 van hulle.  Die Lancewood Kaassmeer – R15 vir 200gr, is ook ‘n groot gunsteling.  Daar is Marmite geur en sjokoladegeur.  ‘n Wenner.
  • Ons groentes laat ook die mond water:  Groot Jalepenos en Cayene rissies R11 per kg, Gewone en EKSOTIESE (gestreepte) eiervrug teen R4 elk en natuurlik die 3 avokadopere vir R10.  Waterblommetjies – R35 vir 500gr en vars bloubessies teen R15 sal jou nuwe opsies gee vir aandete en kosblikke.

Die son steek amper sy kop uit, die kerskrag raak flouer en so ook die rekenaar se battery.  Ek moet afsluit.
Ek probeer om politiek uit die nuusbrief te hou, maar soos hulle se party politieke grappe word mos verkies tot die parlement.  Die aanhaling van die week kom van Herman Mashaba:  “Ek wag geduldig vir die president om aan te kondig dat dit nie toegelaat sal word dat mense steel van die mense van Suid-Afrika nie – MET ONMIDDELIKE EFFEK.

Die voordeel van hierdie koue is dat dit nogal nie moeilik is om wakker te word as jy eers onder die komberse uit is nie – jou tande klap jou wakker.

Geniet die dag.
Bibbergroete 3D  Rrrrrrrossouw