Kookwater Kaas, Tamaties, Avo’s, Mango’s en terug skooltoe planne

So: Dit was ‘n heerlike vakansie en feestyd, maar die geld is op en die salaris word eers weer op 93 Januarie betaal.  Forest Gump was verkeerd – Life is not a box of chocolates.  Rather a jar of Jalepono’s:  What you do today, may bite you in the arse tomorrow.  Gedane sake het geen keer.  Gelukkig het Kookwater vir jou ‘n plan of twee om GROOT GELD TE SPAAR en nog steeds Januarie te geniet.

PLAN A: EET HEERLIKE GROENTES

  • TAMATIES R8.50 per kg
  • MANGO’S 2 VIR R10
  • AVO’S 5 VIR R10 – Ripe and Ready – jy hoef nie te wag tot Februarie nie.
  • JALAPENO’S R12.50 per kg
  • Murgpampoentjies, Petty Pans (groen en geel) Baba Skorsies R12.50 per kg
  • Gevriesde bloubessies R45 per kg

PLAN B: TERUG SKOOL TOE

  • Lancewood kaassmeer R13.50 – vir die skooltoebroodjies
  • Vrugtekelkies 10 vir R15 – ideaal vir die kosblikke
  • Lindt en Godiwa Sjokolades R15.  Juffrou/ meneer verdien ‘n aansporing.  Dis nie omkopery nie – dis uit dankbaarheid.

PLAN C: TERUG WERK TOE

  • Sjokolade vir jou kollegas.  Almal het ‘n bietjie aansporing nodig na die heerlike uitputtende vakansie.
  • Dikbekpille R28.50.  Sjokolade help nie vir almal nie – probeer humor.
  • Cafe a la Carte koffies R37.50.  Mild, medium en STRONG. party ouens het ‘n ekstra hupstoot nodig.

Plan D: Die 42 GRADE CELCIUS PLANNE

  • 15 POEDINGS/JELLIES VIR SLEGS R10. Hou die kinders koel.
  • 2 liter koeldranke R5, R6.50 (suikervrye Apple Spitzer) en R7.50.
  • Ontspan om die swembad/onder die waaier/op die stoep met ‘n heerlike kaasbord: Cheddar R69 per kg.  2 soorte verouderde cheddar R75 per kg, Heerlike roomkase R14.60, Heerlike Lancewood Dippe R14.50.
  • Sit kleur in jou tuin.  VYGIES in volle blom: R9.50 per sespak.

Ons moet darem oor die nuwejaarsvoornemens ook gesels.  Vir die ouens wat nou alles gaan uitsny – die bietjie raad:  Het u geweet: As jy skyfies vervang met pomelo as ‘n versnapering, kan jy tot soveel 90% van jou geluk verloor in jou alreeds vreugdelose lewe.   Ek is ‘n sterk voorstaander van mikpunte en beplanning, maar miskien moet jy ‘n sentrale tema vir die nuwe jaar oorweeg waaraan jy al jou mikpunte kan meet:  WEES VANJAAR DIE TIPE MENS WAT ‘N MERK LAAT – NIE ‘N LETSEL NIE.

Ons almal trek maar swaar die tyd van die jaar.  Ek staan gister daar by die kitsbank om ‘n paar randjies te trek toe die boodskappie op die skerm se ONVOLDOENDE FONDSE.  Fooitog, nie geweet die bankie sukkel ook met hul fondse nie.

Mag al jou drome waar word vanjaar, Mag jou kinders jou groot vreugde verskaf en mag jou finansies seepglad uitwerk. 

KOOKWATER GROETE (ons naam pas by hierdie temperature)

Oorverhitte Frans