Kookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die ou sondagskoolliedjie het vannag 4 uur in my op opgekom.  Onthou jy nog: ” Jy in jou klein hoekie en ek in myn”?  Die ander frase was ” Jesus min my salig lot”  en dan die meer onlangse liedjie van Joan Armatrading:  ” Me, Myself, I “.  Alles van toepassing op ons huidige omstandighede.  Jy het nou al vir amper 3 weke jou nessie reggepak, jouself jammer gekry en by almal wat wil hoor en nie wou hoor nie gekerm oor allerhande goed.  Die Here het vir jou gesorg.  Niemand wat hierdie nuusbrief kry het die virus gekry nie.  Dis tyd om weg van jouself af te kyk.  Ander mense het jou nodig.  Kom ons maak ‘n paar planne:

  • Jy het mos nou al jou hele huis reggepak.  Ek weet daar is hope tydskrifte wat jy al ‘n paar keer gelees het.  Voor jy hulle weggooi (of nog ‘n keer oor hulle val), bring hulle dit vir Kookwater.  Ons gee dit gratis weg by ons Newton winkel.  Gee jou tydskrif ‘n tweede lewe.  Deel dit waarvan jy hou met nog mense. Komaan – dit kos jou niks.
  • Die Protea boere het tans GEEN mark oorsee om hul produkte na uit te voer nie.  Hulle moet die proteas pluk, anders hou die bosse op om nuwe blomme te dra.  Daarna word die pragtige proteas in die boorde gegooi vir kompos.  Hope vroue se inkomste was die blomme.  Dis die boer s’n ook.  Kom ons help hulle om die wiel aan die draai te kry.  Kom koop ‘n klomp proteas (3 vir R20) en maak mense se harte bly.  GEE DIT WEG.  
  • Die kwekerye is tans toe.  Die tonnels staan vol van die mooiste blomme – Gesiggies en Viooltjies (R15 per sespak) en Grasangeliere (R9.50 per sespak).  Natuurlik is daar ook ‘n klomp Groenteplantjies teen R9.50 – blomkool, kopkool, broccholi, blaarslaai en natuurlik Soetrissies (peppers) – rooies, geles, oranje en groen (met vrugte aan) teen R25.  Ook Habernero rissieplante – hulle brand laat jy luister.  Ja, koop vir jou plantjies vir jou tuin, maar meer belangrik – koop vir iemand anders.  GEE DIT WEG.

So, jy doen jou deel om vir ander om te gee.  Kookwater beloon jou met ander uiters lae pryse en planne om jou lewe interressanter te maak:

  • KLAPPEROLIE R12 vir 500gr  Hoogmode en boonop is dit ‘n gesonde gewoonte om mee te kook.
  • WIT CHEDDAR R65 per kg.  Ons het ook EDAM Kaas teen R65 per kg.  Hierdie uiters lae prys is om jou te beloon vir jou goeie dade – volgende week weer R85 per kg.  Moenie ons aangee by die klagtekommissie nie, gee ons liewer aan by jou vriende wat nog so oningelig is dat hulle (hierdie week) R120 per kg betaal vir kaas en nie R65 by Kookwater nie.
  • SAP – R7.80 per liter.  Verskeie soorte: Tamatie, Tropical, Lemoen, Aarbei, en vele meer. 2 liter sappe kos nog steeds R15, maar die voorraad raak min.
  • PEPSI EN PEPSI MAX – R20 per sespak.
  • Hondekos raak nou min – Geen wonder teen R9.90 per 800gr blik. Dankie vir die mense wat so baie blikke vir die SPCA gekoop het.
  • Hier is jou bederfie vir al die goeie dinge wat jy nog gaan doen:  DRY LEMON en PIENK TONIC WATER R6.50 per LITER.
  • As jy hou van disse met rissies is, is ons jou plek: Alle rissies is nou R11 per kg: Jalapenos, Thai rissies (mild), Cayenne (sterker),  Habarnero  (Dis die outjie wat jou  exhaust wit laat brand).  Daar is natuurlik ook Avo’s teen 3 vir R10.  Lekker grotes.

Genoeg reklame gemaak.  Daar is nog heelwat meer uiters lae pryse op die aangehegte pryslys.
Die ou virussie het darem ook goeie dinge tot gevolg.  Ek hoor die Paasnaweek sterftesyfer op ons paaie  was laas in 1870 so laag – toe die Van Tonders hulle ossewa gerol het in die Sanipas.   Die vooros Witlies het ‘n horing gebreek en Blommetjie het opgedroog.

Net om jou op hoogte te hou met die Rossouws se Corona spoglys: Die swembad is potblou, die gras is gesny, die boom wat 2 maande terug omgewaai het is amper klaar opgesaag, 8 bakkies blommetjies is in tuin geplant, vroulief het vir ons Chinese wegneemetes gemaak (ons kon ons lus nie meer hou nie) en Geesbees (ons nuutste kat) het al 3 van sy nuwe muisvriende ingebring huistoe.  Hy dra hulle net rond en vat hulle dan weer buitentoe sonder dat hulle ‘n merk aan het – net sopnat gekwyl.

Groete van huis tot huis.
Jou blomvriend Frans

‘n fantastiese musiekvideo