Kookwater gaan groot op TV

Posted on

Ek sukkel om daai trotse glimlag van my bakkies af te kry.  Dis vandat ek verlede week daai advertensie van Kookwater Biltong en Kaas op die TV gesien het.  Ja nee boeta, jy weet jy speel saam met die groot kinders as jou winkeltjie op TV begin adverteer.  Miskien moet ek verduidelik…  ‘n Nuwe TV reeks is verlede jaar by my skool – Hugenote Hoërskool op Wellington geskiet: Alles Malan.  Doen jouself ‘n guns en kyk hoe ‘n netjiese PUIK skool lyk.  Ek loop oor van trots, maar ek dwaal bietjie van die punt af.  Die advertensie…  In verlede week se episode het hulle ‘n toneel op die pawiljoen geskiet en daar verskyn Kookwater Biltong en Kaas se Advertensiebord toe sowaar op TV.  Hoe’s daai?
Ons het hierdie week ‘n paar heerlike nuwe produkte en soos altyd is die pryse uitsondelik laag.  Ek moet se ek verstaan nie hoe ons dit regkry om elke liewe week nuwe produkte te kry, maar sowaar – kyk bietjie hier:

  • Virrie Kinners:  Coco Pops ontbytpap 375gr  slegs R32.50.
  • Virrie Babas: Nuvigo Glutenvrye babapap – R250gr vir R7.50
  • Virrie Honne: Doggy Treats van Marltons R12
  • Vir almal: Aspersies =110ml glasbottel – was R13.50 NOU R7.50
  • 1kg Braaipap R9.50
  • 2 Minute Noedels R3 per pakkie en R99 per boks van 40.
  • 500ml Lancewood Yoghurt R8.50

Die eerste 130 sespakke gesiggies (Pansies) het gevlieg teen R8.50.  Dis mooi om te sien dat mense weer tuinmaak.  Onthou die water is GRATIS – dit reen. Doen jou deel en maak ons wereld mooi.  Ek het stomgeslaan geluister van Ethiopie wat onlangs in een week 331 MILJOEN BOME GEPLANT HET.  Ons kyk te veel vas in al die ou probleme in die wereld (en ons land)  Die somer le voor – is daar nie ‘n plek waar jy ‘n klomp bome kan plant nie?
Geniet die heerlike reen, die grasgroen wereld rondom jou en glimlag ongeag die slegte dinge rondom jou.


TV groete

Sterstatus Frans