Kookwater gaan groot – 11 jaar al

Kookwater is mal oor paniekkopers.  Ons is nie bang nie.  Ons voorraad hou sommer baie goed.  Ons vier fees met nog lekker lae pryse. Vandat ons feesvieringe Maandag begin het, het dinge effens verander.  Die tuisbly scenario het opgedaag.  Ons het ons feespryse vir Woensdag tot Saterdag hierby aangepas om dinge vir jou makliker te maak.

  • Proteas – 3 vir R20. (Venus R10 elk) As jy so lank moet tuisbly, maak jou huis pragtig binne.  ‘n Pragtige bos Proteas doen dit.
  • Grasangeliere R9.50 per sespak.  Maak jou tuin mooi.  
  • Blaarslaai, Basiliekruid (Basil), Ment. Begin ‘n groentetuin.  Die mooiste plant in jou groentetuin sal beslis die Oranje Soetrissieplante wees – R25 (Peppers). Lekker stewige plant met heelwat peppers aan.
  • 4 Avo’s vir R10
  • 6 x 300ml blikkies Pepsi en Pepsi Max  R20 per sespak
  • Muffin Mix R25.  Hierdie is iets heerliks om te doen as jy tuisbly.
  • Wraps R19.50 vir 10 grotes,  R18 vir 10 kleintjies.
  • OLYWE 3 sakkies vir R20
  • 15 pakkies poeding en jellie vir R10
  • 100 gratis tamatiesous sachets saam met elke aankope.
  • FRUITREE Glasbotteljies Lemoensap en Druiwesap R6.50 elk of R36 vir 6
  • Gesnipperde Peppadews Hot en Mild.  Glasbotteltjies R9.90
  • 820gr blikkies  HONDEKOS R9.90.  Beef en Lewer.
  • 420gr blikkies Katkos en Hondekos R7.50
  • 375ml JIMMY’S SOUSE R9.50.  ‘Chip & Burger sous’, Sweet Mustert sous, Salad Dressing.

Onthou dat die pryse van Maandag en Dinsdag nog steeds geld. Kyk gerus op die aangehegde pryslys.
Ek kan ongelukkig niks belowe nie, maar ons verskaffers belowe dat ons teen Donderdag weer handsanitizer sal he.  Hou duim vas.
Onthou (en versprei die goeie nuus):  KOOKWATER BLY OOP MET ONS GEWONE TYE.  As Kookwater se werkers bietjie minder glimlag as gewoonlik, verskoon maar – hulle werk rerig hard die laaste week.  
Ek glo nog steeds ons moet die geloof en die Humor behou:

  • Kan iemand vir my se wie is Johanna? Oral waar ek gaan se almal:Jy moet eers Johanna gaan was.
  • Die lug is so vol Sanitizer gespuit, ek kry nie eers meer vuil gedagtes nie.
  • My Gunsteling;  ‘n Vriend vertel my hy vertrou nou niemand meer nie.  Almal se jy sal oraait wees in Checkers as jy ‘n masker en handskoene aan het.  Toe hy daar kom het die mense allerhande ander goed aan, soos broeke en so…..  eina.

Dis tyd dat ons bietjie weg van onsself kyk en kyk waar ons kan help.  Onthou Goedhartigheid is ook aansteeklik.  (Kindness is contagious).  Dankie vir die vrou wat verlede week 5 botteltjies handreiniger gekoop het en 2 vir Louis gegee het (ons pamfletteman).  Dankie aan die kelder wat vir elkeen van sy 100 werkers ‘n botteltjie gekoop het.  Dankie aan Oudtshoorn Spar wat 500 botteltjies wou koop om gratis aan sy klante te gee.   Dankie aan almal wat help waar hul kan.  Kyk net rondom jou en jy sal iemand sien wat jou nodig het.

Laastens – wees nie bevrees nie.  Ons sal hieroor ook kom. As jy by Kookwater kom kuier, spuit asseblief jou hande met die ontsmettingsmiddel by die deur en gebruik ‘n ‘wet wipe’ om jou trollie af te vee (en jou hande).  Moet asseblief nie die hele familie bring nie – ons winkel is klein.  Bring gerus jou paniekkoper buurvrou saam.  Jou gesondheid is vir ons belangrik.  Rus lekker.

Vandag kan jy dans vir jou oefening

FeesgroeteFrans –

die gemaskerde sopbeen.