Kookwater fokus op KAAS

Dis tyd om weer bietjie te fokus op die KAAS deel van Kookwater Biltong en KAAS.  Ja, ek weet dis nog die die einde van die maand nie en die geld is min, maar by Kookwater is duur pryse nooit ‘n probleem nie.  Kyk bietjie hier:

  • BONNITA CHEDDAR KAAS R69 per kg
  • BONNITA GOUDA KAAS R69 per kg
  • Parmalat Matured Cheddar en Wit Matured Cheddar R75 per kg
  • Gerasperde Cheddar R75 per kg
  • Roomkaas R16.50
  • Lancewood Dip & Top R14.50 (Jalapeno, Balsamies en Thai geure)
  • Maaskaas (Cottage cheese) R14.50
  • Suurroom en Karringmelk R9.50

Met die kosblikke in gedagte, is ons groot verskeidenheid toebroodjiesmere ook ‘n lekkerte:

  • Melrose Kaassmeer R19.50 vir 250gr
  • Lancewood (Laughing Cow) Kaassmeer R13.50
  • Redro Vissmeer R28.50
  • Marmite Kaasmeer R22.50
  • 10 vrugtekelkies vir R15,  15 poedings vir R10, R5 vir 2 liter koeldrank – almal geld nog steeds.
  • Ons het vars Avo’s (5 vir R10) ingekry, 

Vir die sportdae wat voorle:  WATER: R2.50 vir 350ml (sportscap), R3.50 vir 750ml(sportscap) en R4.50ml vir 500ml opdraaidoppie.  Die winsgrens is baie hoog vir herverkope.  Moenie net suikerkoeldrank aan die kinders verkoop nie.  Die gesonder (en goedkoper) opsie is water.

Voor ek vergeet:  Die groot verrassing is een waarvoor ons al Baaaiiee navrae gehad het:

8 WRAPS vir R15

Voor jy nou in jou motor spring en jaag om by Kookwater uit te kom, onthou asb hierdie belangrike veiligheidswenk:   Die gevaarlikste part in jou motor, is die MOER wat die stuurwiel vashou.

Veilig ry

Francois