Kookwater Erfenisdagidees

Posted on

Ek dink nie daar is nog iemand wat sy werk so geniet soos ek nie.  Dis wat ek vanoggend so op my eie sit en dink toe ek daar van Tulbagh se kant af aangekruie kom met nog ‘n reuse vrag voorraad vir Kookwater.  My tande is, soos gewoonlik, weer kurkdroog van sit en grinnik vir die pragtige dinge rondom my.  Groen en geel wuiwende land, blou berge, potblou lug en die mooiste bloukraanvoels om die prentjie af te rond. 
Kom beleef bietjie van Kookwater se gasvryheid op Braaidag en bederf jouself, terwyl jy nie al jou kinders se erfenisgeld uitgee nie.  Kom kuier lekker lank en maak seker jy sien al die lekker lae pryse.  ONS IS DONDERDAG WAWYDOOP van 8 tot 5 by albei winkels.  Hier is ‘n paar lusmakertjies wat alreeds Woensdag begin:

  • Bees Fillette R130 per kg.  Ons het ongelukkig nie baie nie, so gouspring.  Die prys is vreklaag en dis die nommer een ding om te braai.
  • Waterblommetjies R35 vir 500gr.  Maak ‘n erfenis POT. Gooi sommer heelwat sampioene ook in – R16.50.
  • Feta Kaas R17.50 vir 200gr – vir daai lekker slaai.
  • 6x200ml CERES SAPPIES vir 21.  Dis uiters goedkoop.  Die kosblikke smag hierna.  Wees bietjie die oulike ouer wat iets gesonds inpak.
  • 1 liter SAPPE: R9.50.  RHODES, CERES, FRUITREE, ZING, PURE FRESH, ENS.  Dit bly nou eenmaal ‘n heerlike en bekostigbare gesondheidskuur.
  • 750ml Liqui Fruit Sparkling R12.50.  
  • Fruitree Glasbottels – R33 vir 6
  • BRIE KAAS van Forest Hill R19.50 – Chillie geur en Met Peperkorrels.
  • SMASH 400gr R27  (R71 by ander winkels)
  • Kersies (cherries) R17.50 vir 100gr
  • Moirs SOFT & MOIST SJOKOLADEKOEK  R15. Bak ‘n koek saam met die kinders.
  • Natures Source MUESLI R27.50 VIR 750gr
  • 750gr Sjokolade PRONUTRO R29.50 – GLUTENFRY EN ‘Wheatfree’

Daar is natuurlik ook die mooiste blomme en blomplante waarvan ons die pryse lekker dramaties verlaag het vir die week:

  • Speldekussing – 4 vir R20 – uitvoerkwaliteit
  • Proteas – R10 elk
  • Vars ORGIDIEE – Ruikers vir R95 en enkelstringe vir R55
  • MOT-Orgidiee R140 per plant.

So wat wil jy he dat jou kinders eendag moet erf, behalwe geld en jou besittings? Wat van ‘n bankrot land vol kriminele, rommel en wanfunksionaliteite wat beheer word deur nog kriminele en onkapabele mense?   Ek weet dat mense soos jy wat hierdie brief lees nie dit wil he nie.  Ons sal ‘n verskil maak daar waar ons is met wat ons het.   Ek het verlede week so effens vertel van die 5 besighede wat die ingange van Wellington skoonmaak.  Ons vorder beslis.  Ons kort egter nog hulp.  Is daar nie dalk nog ‘n besigheid of 3 wat 1 werker se salaris vir een dag per week kan borg nie?.  Ek sal die admin en logistiek doen.  Jy kan dit natuurlik by jou besigheid se salarisse sit.  

Geniet die rusdag saam met jou familie en vriende, maar moenie ophou planne maak nie.  Begin iets nuuts.  Doen die ou dinge op nuwe maniere.  Die slagspreuk vir die week is: ‘NEVER STOP STARTING’

Braaidag groete

Rommel Rossouw