Kookwater en die Emosionele Bagasie

Posted on
Kookwater Winkel

Ek het vir my tasse gese dat ons nie vanjaar op vakansie gaan nie…..   Nou sit ek met ‘n klomp emosionele bagasie.    

Die Tuinroete, Frans Tuisbly se karretjie, maak nie saak wat jy dit noem nie, ons gaan nerens heen nie.  Wie’s bang?  Hier gaan ons dit lekker maak.  Kookwater het wyd en syd aankope gedoen en ons het lekker goed om hierdie tyd HEERLIK te maak:

  • Dr Oetker se Ristorante PIZZAS: R90 vir 3.  Ons het nou 2 soorte: Mozzarella en Formagie.  Dis die maklikste manier om vir ma die aand af te gee – vinnig en heerlik.
  • 3 x 1 liter MENGELDRANKIES vir R20:  Dis warm, meng ietsie koel en lekker:  PIENK en BLOU TONIC WATER,  DRY LEMON,  GINGER ALE, ROCK SHANDY, APPLE SPITZER.  As dit nie genoeg is om jou asem weg te slaan nie, sal die Indian Tonic en Soda Water – 2 x 2liter bottels vir R10, dit doen.
  • JIMMY’S SOUSE :  Slaaisouse, braaisouse, verskeie soorte:  R30 vir 2 x 750ml,  R15 vir 2 x 375ml.
  • 3 pakke WRAPS vir R30
  • DIE SLAAIE:  Tamaties R9 per kg,  3 avo’s vir R10, SWEET BITE PEPPERS R20.
  • DIE KERSBOOM: Geen kersboom is volledig sonder ons pragtige eetbare en baie kleurvolle kieries nie.  ‘n Klomp Ferrero Rocher sterre (R19.50 met 3 F R balletjies in) sal ook dit maklik maak om die kersboomversierings af te haal aan die einde van die vakansie. Maak vanjaar die lekkerste kersboom ooit.  Die Kinder Joy eiers (R9.90) en Happy Hippo (R4.50) sal natuurlik die nagereg mooi afrond.  Coco Pops Treats – R30 vir 15 werk goed vir al die bure se kinders wat kom kuier.
  • GEDROOGDE PYNAPPEL: 3 X 100gr vir R10.  Ons het sowaar weet voorraad ingekry.  Geniet hierdie gesonde lekkerny.
  • SAPPE R12.50 per liter, R22.50 vir 2 liter – koel af met die sappe.  R23.40 vir 6 x 200ml CERES SAPPIES of R48 vir 24 sappies.
  • LIPTON YSTEE: gewoon en suikervry: 6xblikkies vir R29.50,  6x500ml vir R36, 1,5 liter R12.50,  2 liter R15,  3 liter R25.

Dis eentonig om net vir jou te vertel hoe om geld te spaar. Lees gerus die aangehegde pryslys.  Bring ‘n bietjie tyd saam en vat ‘n paar trollies vol specials.  Dis die moeite werd.

Ek het vanoggend ‘n foto van myself geplaas waar ek gedraf het.  Facebook het dit onmiddelik verwyder – blykbaar ‘Fake News’.

EK IS SO OPGEWONDE.  Ek het vir my baas gister ‘n boodskappie gestuur wat hy nie gou sal vergeet nie.  Ek is klaar met sy ou simpel werk.  Hy kan dit druk daar waar die son nie skyn nie.  EK KAN NIE WAG VIR DIE GELD VAN DAAI ‘NIGERIAN PRINCE’ WAT MORE KOM NIE.  Wees saam met my bly.

Geniet die feesgety saam met jou vriende en familie of sommer net die troeteldiere.  Hou matigheid voor oe en GEDRA JOU – hoe sleg ookal.

EMOSIONELE GROETE

FRANS TUISBLY